Untitled Document
Die Bronberg-gebied gaan binnekort spog met ’n
rasegte Spaanse restaurant, kompleet met Spaanse
danse, disse en selfs Spaanse breekware. Blykbaar
gaan dit een van die enigste ‘regte’ Spaanse restaurante
in Gauteng wees. Hou Ndlovu Lodge fyn dop vir verdere
verwikkelings.
xxx
Vlak langs die Zwavelpoort-teerpad
staan ’n verskuifbare kleinhuisie
nou al maande lank verlate
en vergete. Hoekom? Wel, knap
ná die draai van die jaar is ’n
twintig-stuks ‘padwerkers’ met
grawe langs die entjie teerpad
afgelaai. Hoekom? Blykbaar was
dit hulle taak om die grassies en
bossies op die padskouer teen
die teeroppervlak te verwyder.
Hoekom? G’n mens weet nie.
Maar so het die span elke dag vir byna twee weke met sporadiese tussenposes
gekap-kap na die bossies op die padskouer. Telkens as jy daar verbyry
sou jy groepies in kringetjies sien sit en kuier, ander behaaglik op hulle
grawe in die sonnetjie sien leun en as jy gelukkig is, een of twee sien wat ’n
graspolletjie langsaam met die graaf aandurf. Oor etenstye het nie veel sigbaar
verander nie. Die span het nog rondgesit, maar dan met borde kos om
hulle besig te hou. Die blou kleinhuisie is vir hulle gerief, kan jy maar sê, daar
staangemaak. En toe hulle ‘taak’ voltooi is, is die kleinhuisie net daar gelaat
staan as die enigste teken dat daar ooit ’n werkspan was.
xxx
Two pieces of good advice for women: Don’t imagine you can change a man
- unless he’s in nappies. If you want a committed man, look in a mental hospital.
xxx
Bronkhorstspruit is nie net uniek omdat dit die setel van, bes moontlik, Suid-Afrika se treurigste stadsraad is nie, dit is ook die enigste pleknaam waar ses
medeklinkers op mekaar volg: Bronkho(rstspr)uit. Iets nutteloos wat alle
Bronbergers behoort te weet.
xxx
Die Bronberger se Telkom-lyn was weer buite werking. Dié keer het ons
agtergekom dat selfs as jy ’n fout teen middernag op Telkom se webwerf
rapporteer, jy ’n minuut daarna ’n SMS kry wat sê daar is ’n tegnikus in jou
omgewing wat nou bewus is van jou probleem.
xxx
Did you hear about the butcher who backed up into the meat grinder and
got a little behind in his work?
xxx
As dit by toesmeer kom, hoor ons dat ‘flaterwater’ ’n mooi Afrikaanse
woord is vir Tippex. ‘Plooipleister’ is ’n minder mooi woord vir grimering.
|