In vervoering PDF Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 21 October 2017 15:23
Untitled Document

Esmé Meyer van Pretoria skryf:
Kan ek ’n kompliment oordra? My suster kuier van oorsee en het gister die Augustus-uitgawe onder oë gehad.

Sy kon dit nie neersit nie en amper elke bladsy het haar in vervoering gehad. “Sien jy nou hoekom ek so erg is oor dié kosbare tydskrif, en elkeen bêre wat ek wel kry,” vra ek haar.

En sy sien. Want sy gaan een soek om saam terug te vat.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online