Geniet radioprogram PDF Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 21 October 2017 15:22
Untitled Document

Flip Zeeman skryf:
Ek het die vorige radioprogram, ‘Stories van Toeka’ se ‘Die lief en leed van oom Paul se kleindogters’, wat aangebied was op Pretoria FM baie geniet.

My moeder, in 1904 gebore, was ’n nooi Eloff. My oupa was (Sakkie) Frederik Christoffel Eloff, en ek neem aan dat ryk Theuns Eloff my oupa se broer moes gewees het. Ek het wel ’n oom Theuns gehad, en het nog ’n neef Theuns maar dit was ’n later era.

Ek sal dit baie waardeer as ek daardie storie as ’n e-pos kan kry.

My vrou en ek het ’n paar jaar op ’n plaas in die Bronberg-omgewing gebly, en het toe gereeld Die Bronberger ontvang. Baie interessante leesstof.

Die radioreeks ‘Stories van Toeka’ is op die Bronnie se koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, gebaseer. Vir meer inligting, skakel 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online