Ons kuier by 15 merkwaardige blyplekke PDF Print E-mail
News - Artikels
Monday, 25 September 2017 19:29
Untitled Document

Ons besoek 15 blyplekke en hulle bewoners wat ons uit die Bronnie se 15-jaar lange bestaan bygebly het. Baie van dié plekke is deur die eienaars self gebou: van ‘n kasteel tot ‘n kunsgalery; van ‘n herberg, tuistes van verskeie versamelaars en kunstenaars tot ‘n huis vir gestremdes.

Wapadrand se kasteel

In April 2003 vertel ons dat geen struktuur nog soveel spekulasie uitgelok het as die geheimsinnige ‘kasteel’ op Wapadrand se deel van die Bronberg nie. Ouer mense in die gebied het vertel dat hulle as kinders in 1940 al by dié klipmurasie gespeel het.

‘n Onbekende man het die kasteel glo ver uit die dorp begin bou omdat sy vrou een of ander siekte opgedoen het wat haar van haar sinne beroof het en hy ‘n hawe vir kranksinniges hier wou inrig.

Tog het die Perolds, wat vorige eienaars van die grond was, gesê dat Isak Perold die eerste klip eers in 1962 gelê het. Hy was baie beïndruk met die styl van die Zimbabwe-ruïnes en wou graag sy eie kasteel op die Bronberg bou. Volgens sy vrou Mari was Isak toe nog met iemand anders getroud en eers nadat hy klaar begin bou het, het sy gesê dat sy te bang was om daar te bly.

Isak het die bouproses laat vaar, die kasteel het al hoe meer agteruit gegaan en met die proklamasie van die Wapadrand-dorpsgebied in 1983/4 en die gevolglike grondverdeling het die grond glo aan ‘n Brits behoort.

Entrepreneur Corné de Villiers het die grond gekoop en in 2002, met toestemming van die Tshwane-stadsraad, met restourasie van die murasies begin. Deur die jare het Corné tussen ander projekte aanhou bou. Die kasteel het aanhou groei, behoort nog aan Corné en sy vrou Elmien, maar is deesdae ook een van die tuistes van Wi-Fi-spesialiste, BronbergWisp. Die ingang is uit Koedoebergweg in Faerie Glen.

Palms and cheetahs

In January 2004 we reported on the wonderful thing that happened to 13-year old Alexander Michaletos, son of Pedro and Rose Michaletos of the Farm Inn, and his pet cheetah Anthony. Alex and Antony played the leading roles in a R35-million movie based on a true story about a young boy, Xan, who ran away from home with his pet cheetah Duma.

In October 2016 we told readers how the inn came to be. Pedro Michaletos inherited the 105-bedroom Hellenic Hotel in Church Street, Arcadia. He sold it to the developers of the Arcadia Holiday Inn in 1979 and Pedro and Rose acquired land in the then sparsely populated ‘far east’ of Pretoria. The land was bare, save for a single storey thatched house. There was no road, no power, and no telephone.

One of Pedro’s first tasks was to move a few small palm trees his father had planted at the Hellenic Hotel to his new house, which he had called The Farm Inn. “If the trees will grow in this barren soil,” he convinced Rose, “then we’ll grow, too”.

It took Pedro and Rose three years to overcome the red tape to get permission to open a small inn incorporating the original house and the converted stables he had built to breed Arabian horses. This was the beginning of the 51-bedroom lodge.

Anton se Belofte

In Januarie 2005 het ons die eerste keer vir Anton Jansen, restoureerder van monumente en ou geboue, op sy plot, Belofte, op die Rietfontein kleinhoewes besoek. Daar is oor die jare verskeie historiese gedenkstukke op dié plot opgerig.

Die eerste foto wys Anton in 2005 voor die Kaaps Hollandse-styl gewelhuis wat hy in 1972 op sy plot gebou het. Die tweede foto wys Anton in 2014.

Anton het pakke foto’s van die ou Wolfaardt melkplaas en het destyds alles in sy vermoë gedoen om die historiese plaasopstal en -geboue behoue te laat bly. Die Woodhill Gholflandgoed is egter in die hartjie van dié destydse spogmelkplaas gebou.

In September 2008 het ons berig dat dié plaas se ou begraafplaas, naby die ingang van Woodhill Gholf Landgoed en die kruising van Garstfonteinweg met De Villebois Mareuilrylaan, per ongeluk blootgelê is met padverbredings.

In Februarie 2005 het ons berig dat Anton se Mooikloof-argiefmateriaal interessante brokkies geskiedenis opgelewer het, soos die Fourie-meisie se graf wat uit Mooikloof geskuif moes word.

Anton is die hoof uitvoerende beampte van die Tshwane Geboue-erfenisvereniging. Die Stigting Simon van der Stel is in 1959 met landwye takke gestig. Die Pretoria-tak van dié stigting het in 1999 sy naam verander en is die oudste geboue-erfenisvereniging in die land.

Feniks uit die as

In Oktober 2004 besoek ons Faan en Issie Smuts se statige grasdak-opstal, die Bronberg Lodge, wat toe ‘n ruk terug soos ’n feniks stil-stil uit die as uit opgestaan het. Ons onthou nog hoe die kuiermense by Nikos gespook het om die brand wat die opstal vernietig het, te blus.

Faan was ‘n Weskuster van oorsprong, ‘n innemende storieverteller en humoris met ‘n wye vriendekring en ‘n ruim hart. Hy het as boer en rugbyspeler uitgeblink en vir Rhodesië op flank gespeel. Die vriendskap wat hy met mede-rugbyspelers gevorm het, het deur die jare sterk bly staan.

Faan was ‘n mede-eienaar van die destydse Rhodesia Motors in Pretoria, het ‘n vliegtuig aangeskaf waarmee hy en sy vriende die land vol gevlieg het om te gaan rugby kyk, was in die boubedryf en die restaurantwêreld. Hy was een van die stigterslede van die Suid-Afrikaanse Skaapkop- en Afvalgilde.

Faan is op 26 Augustus 2011 oorlede. Faan en Issie se plek staan nog op die hoekhoewe oorkant die Zwavelpoort-koopsentrum. Dit is nou die Bronberg Wynlandgoed; die geboue is aansienlik uitgebrei en die Faan Smuts kapel is aangebou.

Oom Hoffie se huis

In Januarie 2009 het lesers Shere se Georg Hofmann ontmoet, ’n 95- jarige wat toe steeds daagliks geskilder het en een van die eerste huise in Shere met sy eie hande gebou het. Die foto wys die huis wat van 1960 tot 1963 gebou is, met Oom Hoffie se seun, Friedel, wat handgee.

Oom Hoffie het ons vertel van sy sewe jaar in ’n interneringskamp in die Tweede Wêreldoorlog waar hy ’n viool met ’n knipmes uit ’n stuk tafel gemaak het. Dié en ander avonture is vervat in sy outobiografie, “Skizze eines lange Lebens” (sketse uit ’n lang lewe).

Oom Hoffie is na die oorlog as skeikundige terug na die myne en toe hy in Pretoria beland, waar hy vir die Buro vir Standaarde gewerk het, kon hy nie daaraan dink om in die stad te bly nie. En so het die soektog na ‘n klein lappie grond buite Pretoria begin.

Pretoria het toentertyd omtrent by Hatfield opgehou. Shere se wêreld was oop en kaal en toe hy begin bou het, het daar bykans geen ander mense gebly nie. Oom Hoffie het eers die pomphuis, toe ‘n dam, ‘n rondawel en daarna die kliphuis gebou.

Hy kon net naweke daaraan werk en het maar gebou soos wat geld beskikbaar was. Groot dele van dié huis is met klip, wat deel van ‘n vervalle ou beeskraal op die plot was, gebou.

Later was die Hofmanns se naaste winkel en ook hulle poskantoor by Alkantrant.

Bittereinder Thea

In September 2005 vertel ons lesers van ‘n merkwaardige bittereinder wat oor die jare die dorpsgrens sien nader skuif het totdat haar plot in die middel van die dorp beland het.

In daardie stadium was dit 39 jaar gelede wat Thea Nigrini op dié plot teen die suidelike hang van die Bronberg ingetrek het. Die 3,5 hektaar hoewe met die naam Kom Kyk was ver uit die dorp uit. Vandag is plot 6, Koedoebergweg in die middel van Faerie Glen en bekend as die plek waar die Tina Skukan Gallery is.

Thea het haar galery en teetuin met niks anders nie as harde fisiese arbeid begin. Omdat sy geen geld gehad het nie, het sy self al die teëls en plaveisel gelê en die ou skuur in ‘n galery omskep.

Thea se ambisie was om ‘n galery te begin waar verkope nie ‘n oorlewingsaak is nie, waar arm kunstenaars nie groot kommissies hoef te betaal nie en waar ongewone kuns uitgestal kan word in plaas van die soort kuns wat maklik verkoop.

Die een foto wys Thea voor die ingang na die galery en die ander een voor die teetuin se gebou.

Generaals kry staanplek

In September 2003 het lesers vir die eerste keer uitgevind wat al die standbeelde langs Ajaxstraat in Olympus doen. Beeldhouer Phil Minnaar se plot het gewemel met replikas van bekende kunswerke wat hy oor die jare voltooi het.

Al die ou Boeregeneraals van die Leër Hoofkwartier was daar, die Skukuza-hek se reliëfbeelde, die twee soldate voor die 1 Militêre Hospitaal, die bekende olifantfontein van die Palace by die Lost City, die beeld van Sir Pierre van Rhyneveld wat by die Lugmag Hoofkwartier gestaan het en die lewensgrootte olifant van die museum in Letaba.

Dan was die Lost City se luiperd ook daar, Menlynpark se olifante wat water spuit, die twee-keer lewensgrootte Nelson wat by Mandela Village naby die Carousel staan, die eerste ministers wat op die lughawens gestaan het, en selfs Laurence of Arabia op ‘n kameel en ‘n klomp Rooi Indiane.

Die een foto wys replikas van die drie reliëfbeelde van Paul Kruger, Piet Grobler en Stevenson-Hamilton, die Kruger Wildtuin se drie vernaamste grondleggers. Die ander foto wys Phil op die trappe by sy voordeur.

Phil het vir hom ‘n plotplek op Olympus gekry omdat hy nie meer die dorp kon hanteer nie. Ná die huis gebou is, het Phil en sy vrou hulle binne ‘n kwessie van ‘n jaar weer terug in die dorp bevind. Met die geweldige uitbreidings in Olympus in die vroeë 2000’s het die dorp na Phil toe gekom.

Hy is op 23 Maart 2014 in sy huis dood weens komplikasies ná ‘n dikderm-operasie.

Myths and symbols

In April 2006 we visited psychotherapists prof Stan Lifschitz and dr Corinne Oosthuizen. They fell in love with the Bronberg when they started renting in Tierpoort in 1995. However, all their efforts to buy their own place on the Bronberg ridge came to nothing.

That is until 2003 when they found the Bronberg plot of their dreams. The plot, which used to belong to Kungwini ward councillor Michael Prinsloo, stood empty for a while and was badly neglected.

Stan and Corinne took the house on as a revamp project and the most amazing things started happening to them when they began looking for antique fittings for their home.

The one photograph shows Stan and Corinne at the huge front door that was ordered from America in the 1930’s for a Free State sandstone house. The owner died before he finished building the house and the door went into storage. More than 70 years later, the door ended up in a barn in Donkerhoek where Stan and Corinne found it. It has never been used and was still in its original packaging.

Each wooden window frame, threshold, antique object and artefact in their home tells a similar story.

The other photograph shows Stan with a double drum from Venda in a shelter that offers a breathtaking view of the Nkwe valley.

Huisie van klei en gras

In September 2009 het ons berig dat die bekende kunstenaar, Marcella de Boom, op 23 Augustus aan ‘n hartaanval dood is. Sy het soos elke ander dag met haar honde in Cullinan se koppies gaan stap. Dié keer het sy egter nie terug gekeer nie.

In haar loopbaan het Marcella aan verskeie eenvrou- en groepuitstallings deelgeneem. Sy het nie geglo in een algemene wêreld of een werklikheid wat vir almal geld nie. Haar skeppings het ’n sterk mitologiese inslag met droomgestaltes – asof sy ons attent wil maak op die bestaan van ’n veelvuldigheid van wêrelde. Werklikhede verskil, want “ons sien net anders wanneer ons anders kyk”.

In 2008 het die stigting van die Cullinanse Kunsvereniging met haar aansporing plaasgevind. Die uitstalling is in Marcella se kunsgalery, Aldabran Studio, gehou wat deel vorm van die kleihuis in Cullinan waarin sy gewoon het.

Marcella het dié huis en ateljee met haar eie hande uit klei en strooi gebou. Die een foto wys Aldabran van buite af en die ander een wys Marcella by die voordeur van haar kleihuis.

Die huis staan deesdae as The Clay Cottage bekend en behoort aan Marja Brunninger.

Seun se naam verewig

Die Zwavelpoortse Paul Jungnickelhuis vir gestremdes is in 1983 gebore ná die dood van Arie en Elsa Jungnickel se 18-jarige seun, Paul, in ‘n motorfietsongeluk. Blykbaar het Paul saam met ‘n maat op die motorfiets gery en is hy met die ongeluk op ‘n manier agter die motorfiets aangesleep.

In Januarie 2005 vertel ons dié tragiese verhaal. Paul is met misvormde voete gebore. Ná sy dood het Arrie en Elsa besluit om hulle plot aan die destydse Noord-Transvaalse Kreupelsorg te skenk. Al wat hulle uit die plot wou hê is lewensreg op hulle woonhuis.

Intussen het Elsa al hoe meer agteruit gegaan en dit was haar hartewens dat sy voor haar sterfte die tehuis, wat hulle seun se naam sou dra, klaar gebou kon sien. Sy is dood toe die tehuis teen vensterhoogte gestaan het.

Die Paul Jungnickelhuis het in April 1996 ‘n onafhanklike welsynsorganisasie geword. Hulle het begin om ‘n wyer reeks dienste te bied en ‘n oorkoepelende organisasie, Kungwini Welsynsorganisasie (KWO), is op 8 Junie 2002 gestig.

Arrie is weer getroud met Kosie Muller. Toe Arrie oorlede is, het Kosie weer getrou met ‘n Van der Walt en hulle het lewensregte op die huis gehad. Kosie se dogter, Louise Muller, en haar gesin het tot die middel 2000’s in die huis gebly. Die satellietfoto wys die steengroef in die Bronberg met KWO regs van dit en die huis in die berg agter KWO.

Die kaias van Boskazi

In Oktober 2007 vertel ons dat die naambord, ‘Boskazi’ voor die Breytenbach-plotte in Bashewa na die wilde bos hare wat Francois Breytenbach gehad het, verwys.

Francois se pa en ma het in 1955 dertien aangrensende plotte in Bashewa gekoop en ’n lewe rondom die oorspronklike 1908 opstal van die Erasmusplaas, Rietfontein, begin bou. Francois het as oudste seun van die gesin in dié opstal grootgeword. Oor die jare het hy kunskenners se belangstelling geprikkel met sy koper skeppings, kaalvoete, wilde boskasie en boheemse bestaan in dit wat hy sy kaias noem. Die een foto wys Francois voor een van sy ‘kaias’ in die bos op die wal van die Pienaarsrivier.

Die ander foto wys Francois saam met sy dogter, Giuliette, en vrou, Annette, voor die geskiedkundige opstal. Die opstal behoort vandag aan Giuliette en ja, sê sy, daar is ‘n spook. Sy het die spook nog nie self gesien nie, maar ander mense sien gereeld ‘n vrou met ‘n wit kappie op die stoep loop.

Die opstal is van rou bakstene en klei gebou en het nog sy oorspronklike geelhoutvloere, deurgetrapte drumpels, swaar deurkosyne en houtplafon.

History meets art

In March 2005 we visited Roger Evans at the old Evans homestead in Zwavelpoort. Roger moved back into the house after his mother died in the early eighties.

Roger’s roots in this area go back to the 1800’s. His great-grandfather, Jan Hendrik Viljoen, was the owner of the original farm. When he died in the late 1800’s, the farm was divided among the three Viljoen sisters, great-granddaughters of Piet Retief.

Isabella, Deborah and Martiena each received 481 morgen. Deborah was Roger’s grandmother and she married an Evans – an unforgivable act in an Afrikaans family during the days just after the Anglo Boer War.

Apparently Isabella and Deborah never again spoke to each other, even though both of them lived out their entire lives in Zwavelpoort, a stone’s throw from each other.

The one photograph shows Roger in his country garden. Roger said that he will always remember walking with his grandmother through her garden as a small boy. This memory was so powerful that Roger studied horticulture for a year.

He abandoned it to study law, his parents’ interpretation of a responsible career. In 2005 Roger taught law at Unisa and was a potter in his free time. He also did pastels, acrylic painting and water colours. The other photographs shows Roger with a hand-painted plate and his paintings in the background

Gesin se ark

In Maart 2004 het ons by ‘n andersoortige gesin gaan kuier. Hulle het almal op een plot gebly saam met ongeveer 60 troetelslange, ‘n paar likkewane en salamanders, sebras, blesbokke, perde, ‘n lot honde en ‘n saal vol opgestopte diere.

Die een foto wys Kirsten Suckay, die Bronberg se vroulike taksidermis, saam met haar dogter Natalie en skoonseun Lance van Niekerk in dié saal. Die stomme seekoei het ná 'n lang swerftog vanaf die Loskopdam naby Witpoort aan sy voortydige einde gekom toe hy die pad wou oorsteek en doodgery is.

Die saal bevat ook luiperds, leeus, jakkalse, likkewane en ander reptiele, ‘n meerkat, vlakvark en ‘n verskeidenheid voëls. Waar jy jou ook al draai is een of ander gedierte vasgevang in ‘n posisie – óf besig om teen ‘n boomstomp op te klim, op ‘n toonbank te loop, aan ‘n dakbalk te hang of in ‘n dreigende posisie te staan en gluur.

Die ander foto wys Kirsten Suckay met Blondy, die albino Burmese luislang wat 16 kg weeg en 3,4 meter lank is.

Ons het vertel dat Kirsten se man, Kurt, ‘n deel van die 33 ha stuk grond, wat hy Blue Gum Valley noem, in skietbane vir boogskiet, geweer, kleiduif en handwapens omskep het.

Collector’s haven

In February 2005 we visited Mervyn Emms who turned his eastern suburbs home into a museum with objects ranging from the unusual to the macabre – from a piece of the dress that Mary Queen of Scots reputedly wore to her execution to a nail shirt taken at the siege of Adóni in 1689; from ancient Roman, Greek, Egyptian, Babylonian and Chinese artefacts to suits of armour and music boxes.

Mervyn started collecting when he was four years old and had written an article on nearly every one of his 100 collection categories. He came to Pretoria in 1972 to start the Post and Telecommunications Museum. When Mervyn retired from the museum in 1984, his collecting started in earnest. To support the habit, he started hiring out objects for movie shoots or television commercials.

The one photograph shows Mervyn with his weapons collection, which ranges from daggers, spears and early Japanese swords to Roman spear heads and dagger blades dating to 1 000 BC.

The other photograph shows him in his library of 4 500 books that spans the entire wall of his pub, which is furnished with suits of armour, antique tills, lamps, pewter beer mugs and a full-size snooker table.

Puin van perdeplek

In Desember 2008 vertel ons dat Annemarie Towsen van Pienaarspoort haar perdryskool, Enduro, in 2001 met een reddingsgeval, genaamd Vossie, begin het. Sy kon net op Saterdae lesse gee omdat sy nog voltyds gewerk het om geld te kry om meer perde te probeer red. Met elke Kersbonus het sy ‘n nuwe perd gekoop – meestal reddingsgevalle.

Na ses jaar se harde werk was daar 20 houtstalle, ‘n groot arena met afdelings vir spring en dresseer, ‘n klubhuis met vermaaklikheidsarea, paadjies vir ritte in Pienaarspoort se bosse en ‘n
3,5 km baan vir die opleiding van uithourit-perde. Die perdryskool is uiteindelik in 2006 met 80 leerlinge en 16 perde geregistreer.

In 2005 het Annemarie en haar viervoetige reddingsgevalle met kinders van die Louis Botha tehuis begin werk. Angels with Hooves, ’n nie-winsgewende maatskappy wat perde-bystand sielkunde en perdeterapie vir kinderhuis-kinders doen, is gestig.

In November 2011 het ons berig dat misdaad in die gebied so toegeneem het dat ondernemings soos ‘Angels with Hooves’ elders ‘n heenkome moes vind.

In Junie 2014 het ons berig dat plot 31, wat eers aan die Towsens behoort het, in puin lê saam met menige ander plotte op Pienaarspoort. Van die stalle is niks oor nie. Al wat van die klubhuis oor is, is ‘n paar halwe bakstene en stukke pleister en die huis is gestroop.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online