Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2017 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 25 September 2017 19:22
Untitled Document


‘n Groot markdag en watersport word op Saterdag 30 September van 9 vm tot 5 nm by AGS Rayton se kerkgrond gehou. Toegang is gratis en daar gaan 50 kraampies wees met snuisterye, handgemaakte items, vars produkte, boeke, kuns, speelgoed, CD’s, viniel plate, kos en musiekoptredes. Die watersport word jaarliks deur Luchnos vir die kinders aangebied. Die kerkgrond is oorkant die laerskool in Suidstraat. Bel Ronelle Schoeman by 072-370-8860.

~*~


Die volgende Kuns Uniek-uitstalling is van 11 Oktober tot 21 November by Chappiesweg 331, Lynnwood. Vir die 23ste jaar word ’n uitstalling in ’n huis, wat vir sewe weke in ’n kunsgalery omskep word, aangebied. Wêreldbekende kunstenaars vanoor die hele land neem deel. Skilderye, keramiek, beelde, handgemaakte juwele, glaskuns en volstruisleer-handsakke word uitgestal. Die ure is Dinsdae tot Vrydae van 10 vm tot 6 nm; Saterdae en Sondae van 10 vm tot 5 nm; Maandae gesluit. Kontak Marie by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 083-268-8713.

~*~


‘Deur my Bril’ is die naam van Johan Kok se uitstalling wat tot 26 September by ArtBox Galery gehou word. Landskappe maak die grootste deel van die uitstalling uit, alhoewel Johan ook soms stillewes en portrette doen. Die werke is meestal ’n poging om ’n idee of gewaarwording, wat dikwels baie kortstondig kan wees, vas te lê. In dié proses word daar gesteun op emosies, gevoelens en visuele data. Die ‘bril’ waarna verwys word, het gelukkig die vermoë om elemente wat nie by die idee inpas nie, uit te filtreer. Die galery is in Skilpadweg 86, Monumentpark. Skakel 012-346-0710 of 083-384-2402.

~*~


African Blessings’ annual township dog show is on Saturday 30 September from 9.30 am to 12 midday at the farm Rustfontein, 8 km outside Bronkhorstspruit on the old Cullinan road. The dog show is held to applaud local community members on their dogs’ health, social behaviour and relationship with their owner. The hope is that this annual day will serve as a motivation to all to care for their beloved pets. Phone Theresa at 079-351-8703.

~*~


Kaartjies vir gebeure by die Cullinan Premier Hotel is by www.cullinanpremierhotel.co.za of 012-734-1810.
1 Oktober: Die Cullinan Klassieke Kunstefees word as deel van die Gaufest afgeskop. Middagete teen R180.
6 Oktober: Diamond Hall aandete-teater met bekende plaaslike sanger.
14 October: ‘Glitz and Glamour’ aandete en dans. Trek aan vir dié okkasie in die Diamantsaal. Professionele dansinstrukteurs. Verwelkomingsdrankies en romantiese ete vir twee teen R90 per persoon.

~*~


Bosveld Lounge op die Boschkop-pad hou op 4 November ‘n skaapkop en afval-dag. Die afsnydatum vir besprekings is 27 Oktober. Daar is ook ‘n beespot vir diegene wat nie afval eet nie en ‘n spyskaart vir kinders. Bel Adele by 083-390-7130.

~*~


Die volgende Fijnwyn Kos- en Wynfees is van 23 tot 25 September, vanaf 10 vm elke dag, op plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort. Daar gaan meer as 30 landgoed-wyne wees, insluitende La Vierge, Beyerskloof en De Krans, volop eetgoed en speelplek vir die kinders, gereël deur Project Summit. Toegang is R150 vir volwassenes, wat die wynproe en ‘n wynglas insluit; R50 vir kinders tussen 12 en 18 jaar oud en kinders onder 12 gaan gratis in. Vir meer inligting, bel Charmaine by 082-335-5659. Kaartjies is beskikbaar by
http://www.iTickets.co.za.

~*~


Die volgende Tierlantynkies Kuier- en Koopfees is van 27 September tot 2 Oktober. Daar is meer as 80 uitgesoekte uitstallers van dekor, geskenke, speelgoed, klere, juwele en deli-eetgoed. Plaaslike musikante gaan in die eettent optree. Die feestye is van Woensdag tot Saterdag van 9 vm tot 6 nm; op Sondag van 10 vm tot 4 nm; en op Maandag van 9 vm tot 4 nm. Toegangskaartjies kos R35 en is geldig vir die duur van die mark. Kinders onder 18 kan gratis ingaan. Tierlantynkies word by Saalstraat 56, Zwavelpoort gehou. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Danie Niehaus en Pietman die Skot herbesoek die manier waarop musiek van verskillende eras ons skryfstyl en denkwyses beïnvloed. ‘Die ding van ‘n liedjie’ is op 28 September om 8 nm by Atterbury-teater. Danie Niehaus is al langer as 30 jaar in die musiekbedryf en Pietman Geldenhuys is as TV-aanbieder bekend en ook vir sy talent om stories te vertel en liedjies te skryf. Dié twee kunstenaars uit verskillende generasies het besluit om hulle talente en musiek saam te voeg toe hulle vroeër vanjaar met dié vertoning by die KKNK gedebuteer het. Kaartjies kos R150 tot R170. Die teater is op die hoek van Lynnwoodweg en Daventryweg, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappie na Cullinan is op 7 Oktober. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

~*~


The Cullinan Classic Car Day is held on Saturday 23 September from 9 am to 4 pm in Oak Avenue. All classic cars are welcome. Phone Gordon at 072-432-1894.

~*~


Carina Victor stal van 30 September tot 14 Oktober uit by die Johann van Heerden Kunsgalery op die hoek van Olympusrylaan en Atterburyweg. Kontak Johann by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-445-3917.

~*~


Die Lente-Windpompmark is op 30 September van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


An invasive plant hack is held by Friends of the Faerie Glen Nature Reserve on Sunday 15 October at 8 am. Meet on the lawn in front of the entrance building. Take along: Lopper or pruning shears, hand-saw, gloves, hat, working shoes and water. Send an e-mail if you can help: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online