Witties het gees PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 September 2017 19:04
Untitled Document

Witties het op 1 September lentedag gehou en het gees gevang vir Groot FM se #Skool-Met-Die-Beste-Gees-projek.


Die slagspreuk lees: Witpoort, waar skoolskoene ornamente is

Gaskunstenaar Sharoney het almal met haar liedjies vermaak. Shelley van Wet Nose Dierereddingsentrum het die kos ontvang wat die kinders vir die hawelose diere geskenk het.


Die kaalvoet-skool
Foto’s: Laurette van der Vyver

Dié mooi dag is spesiaal aan mnr Michael opgedra. Onderwysers het mooi woorde oor die lug laat hoor, terwyl elke kind vir hom ‘n briefie geskryf het. Die kinders het 600 handgemaakte blommetjies oral op die gras ingesteek en uit volle bors hulle Witpoort Kreet uitgebulder.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online