Hendrik se nalatenskap PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 25 September 2017 18:43
Untitled Document

François en Anette Vermeulen van Pretoria-Noord skryf:
‘Takhare en Ruiters maak Baviaanspoort heel anders as tronk’ in Die Bronberger se Julie-uitgawe:
Ek en my vrou was huisvriende met Oom Hendrik en Tannie Nel van Blerk en ons is ook in besit van heelwat van sy boeke, onder andere die volledige gebeurtenis rondom die sabotasie van die Benoni-poskantoor met dinamiet.

Oom Hendrik was ‘n opgeleide soldaat van die destydse Spesiale Diensbataljon asook ‘n gekwalifiseerde myner en plofstofdeskundige. Niemand is beseer in die ontploffing nie en Julian Visser is gearresteer omdat hy nie die wegkommotor, wat buite die poskantoor gewag het, aan die gang kon kry nie.

Oom Hendrik het te voet gevlug en is later gearresteer. Hy is deur die Smuts-regering van sabotasie en hoogverraad aangekla en ter dood veroordeel, maar het begenadiging ontvang. Hierdie gebeure word breedvoerig in Oom Hendrik se boeke uiteengesit. Terloops, sy eerste boek was ‘Dit blom tussen bantoms’ wat in die gevangenis geskryf is en wat oor die diamantdelwerye by Bakerville buite Lichtenburg handel.

Indien daar belangstellendes is, kontak: Dup du Plessis by die HS van Blerk-stigting. Telefoon:
083-328-8716 of faks: 086-519-1380.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online