Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug2017 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 22 August 2017 14:21
Untitled Document


NG Gemeente Tygerpoort hou ’n gemeentefees. ’n Talentkompetisie word op 24 Augustus om
6.30 nm by die EnRoute-teater gehou. Op 25 Augustus tree Jannie du Toit om 7 nm in die kerkgebou op met ‘Doep is nie dood nie’. Op 26 Augustus is daar ’n pret fietsren by Cowhouse-mark in Hazeldean en ’n pret-stap op die kerkterrein. Daar is ook allerhande kraampies, ’n kinderpretpark, aktiwiteite, heeloggend-ontbyt en musiek. Die feesnagmaal word op 27 Augustus om 8 vm, 10 vm en 5.30 nm gehou. Skakel 012-809-0107 of besoek www.ngtyger.com. 

~*~

Cullinan Conservancy celebrates its 20th birthday in August. On 7 August 1997 Thinus Gerber signed the constitution and they were registered as a conservancy on 27 August 1997 by DACEL (now the Gauteng Department of Agriculture and Rural Development). Cullinan Conservancy is one of the oldest conservancies in Gauteng. Of the original founder members only three families still live in the area.

~*~


Die jaarlikse Plaasfees word op 9 September by die Willem Prinsloo Landboumuseum gehou. Besoekers kan uitsien na ’n pluimveeskou, uitstallings van veteraan-trekkers en -enjins, rugby op die grootskerm, kinderspeletjies, sleepwa-ry, trekkerspeletjies en genot vir die hele gesin. Daar is ook kampeerfasiliteite. Die museum kan bereik word vanaf die Pretoria-Witbank-snelweg (N4), afrit na Rayton en Cullinan, langs die ou Bronkhorstspruitpad (R104). Skakel 012-736-2035

~*~


Valleisig Gemeente se jaarlikse ValleiPartei en KinderKarnaval is op 26 Augustus vanaf 8 vm. Die KinderKarnaval bied skyfskiet, boogskiet, ’n skattejag, ‘Amazing Race’ vir juniors en ‘Warrior Race’ vir seniors. Daar is ook ’n staproete vir jonk en oud, trompoppies, ’n veiling, volop te ete en drinke en kraampies sluit handwerk, wit olifante en ’n plaasstal in. Skakel die kerkkantoor by 012-991-1542 op weeksdae van 8 vm tot 1 nm.

~*~


Toyota #Warrior6 powered by Reebok is held on 16 and 17 September from 6.30 am at Tierpoort Adventure Farm, Rooikat Street, Tierpoort. The Warrior Race is South Africa’s largest obstacle course race series. It’s a sport that incorporates trail running along with various physical challenges in the form of obstacles. It offers athletes with different sporting skills the opportunity to compete with one another, to live out their sense of adventure and to break barriers never thought possible. The 5 km race with 15 obstacles is for rookies and costs R400. The 10 km race with 20 obstacles is for age 14 and older and costs R470. The 15 km race with 30 obstacles is for age 18 and older and costs R550. For more info: 083-306-1455.

~*~


“Nature Supporting Narrative” is die naam van ‘n kunsuitstalling deur Patsy van der Reis en Tracey van der Reis Hermetz. Die uitstalling is tot 30 Augustus by ArtBox-galery, Skilpadweg 86, Monumentpark. Patsy en Tracey volg in hulle pa, kunstenaar Gunther van der Reis, se voetspore. Patsy se werk sluit in tekeninge, hoofsaaklik in pastel, tekeninge gekombineer met digitale drukwerk en laser-gravering, plexi-glas beeldhouwerke en mahoniehouttafeltjies ingelê met geverfde en gegraveerde houtteëls. Bel Etienne van Zyl by 083-384-2402.

~*~


’n Pekanneut-boeredag word op 29 September by TLU Cullinan boere-uniesaal gehou. Stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it vir meer besonderhede.

~*~


Oppi Plaas Basaar is op 26 Augustus van 8 vm tot 3 nm by die Premiermyn Hervormde Kerk, Zonderwaterweg, Cullinan. Daar gaan speletjies vir oud en jonk wees, vetkoek, pannekoek, skaapkerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg en gebak, groente, ontbyt, tombola, skyfskiet en selfs ‘n melktert-kompetisie. Bel Alta by 082-682-1252 of Dina by 082-410-6823.

~*~


Cow House Market, a gourmet food and craft market is every Saturday and Sunday from 10 am to 4 pm at the corner of Ridge Road and Oukraal Boulevard, Hazeldean. For more info: 072-399-0154.

~*~


Theuns Jordaan tree op 23 Augustus om 8 nm by die Rockwood-teater in Garstfonteinweg, Moreletapark op. Kaartjies kos R160. Skakel 012-368-1555.

~*~


Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappie na Cullinan is op 3 September. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

~*~


Juan Boucher tree op 8 September om 9 nm op by Rafters op die hoek van Blesbok en Garstfonteinweg, oorkant Mooikloof. Kaartjies kos R100. Skakel 071-610-2132.

~*~


Dalene Matthee se bekende ‘Fiela se Kind’ is deur Suzanne van Wijk vir die verhoog verwerk en Frans Swart hanteer die regie. Dit word op 29 Augustus om 8 nm by die Atterbury-teater opgevoer.  Die bruin vrou Fiela Komoetie het haar wit vondelingkind Benjamin met liefde en trots grootgemaak, tot die dag nege jaar later dat die sensusmanne hom kom haal het. Aan die ander kant van die berg, in die bos, woon die houtkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige Lukas weggeraak het. Is Benjamin en Lukas dieselfde kind? Kaartjies kos R160. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood.  Skakel 012-471-1700.

~*~


The Flair Baby and Toddler Market is from 25 to 27 August from 9 am to 5 pm at The Collection, 2021 Boendoe Road near Woodlands Boulevard. Besides more than 60 exhibitors, visitors can also enjoy a meal and drink. Children’s entertainment vary from ceramic painting, cupcake decorating, sand art, face painting, balloon sculpting, jumping castles, jungle gym and a soft area for the little ones. Entry is R50 per adult and children under 16 enters at no cost. For more info: 012-993-3638.

~*~


Nadine tree op 25 Augustus om 7 nm by die Weiveld in Zwavelpoort op. Kaartjies kos R50. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


Windpomp Handwerkmark is op 26 Augustus van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Die sluitingsdatum vir besprekings vir Cullinan Bewarea se nuwe skoolveldwagterskursus is
15 September. Die kursus is op 2, 3 en 4 Oktober daagliks van 8 vm tot 4 nm en gaan oor visse, water en verwante kruipende diere. Dit word by Casa Lee Country Lodge aangebied vir kinders van graad R tot graad sewe en die koste is R150 per leerling per dag. Meer as een kind per gesin: R120 per leerling per dag. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

‘MindScape – The Key To Developing intuition’ is the name of a weekend workshop that leads participants to open the powerful latent intuitive powers of the mind, and learn techniques such that one can tap into this resource at will. It is taught in various countries around the world, both to public audiences and specialized groups that include therapists, athletes and top businesspeople. The workshop is on 2 September at 9 am at 245 Rosalind Road, Die Wilgers. For more information: 073-665-6319.

 

© 2024 Die/The Bronberger