Ons vier ‘n volle 15 jaar PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 22 August 2017 12:27
Untitled Document

Hou vas, hier kom ‘n ding . . ! ‘n Volle 15 jaar oud, word Die Bronberger in September en om dié baie spesiale mylpaal te vier, werk ons met geesdrif en dankbaarheid aan ‘n bielie van ‘n Bronnie.

Die oogmerk is om ‘n herdenkingsuitgawe die lig te laat sien wat alle voriges sal oortref en ons sou graag soveel moontlik adverteerders en lesers deel van dié baie spesiale uitgawe van die Bronnie wil maak.

As verjaardaggeskenk aan julle verhoog ons die oplaag aansienlik om sodoende groter blootstelling teen geen bykomende koste nie, aan ons gewaardeerde adverteerders te gee.

Hier by die Bronnie is ons trots op en dankbaar vir dit wat deur die genade oor die afgelope 15 jaar vermag is. En ons is baie dankbaar vir die volgehoue ondersteuning van ons lesersgemeenskap en adverteerders wat ons deurgaans kon ervaar.

Deur die jare heen is ons spesiale verjaardaguitgawes in September telkens met geesdrif ontvang en baie goed ondersteun. Ons derduisende getroue lesers bewaar dié uitgawe as ‘n versamelstuk en met die verhoogde drukoplaag stel ons die Bronnie en jou sakeonderneming telkens aan nuwe lesers voor.

Ons wil almal wat in die laaste 15 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om ons verjaardag saam met ons te vier deur jou onderneming se sigbaarheid in dié herdenkingsuitgawe te bespreek.

Oorweeg gerus ‘n groter advertensie as gewoonlik vir dié spesiale, groter Bronnie. Dit is ’n kans wat nie misgeloop behoort te word nie.

En as jy nog nie in Die Bronberger geadverteer het nie, is hierdie die ideale geleentheid om nuwe voete nader te lok.

Bespreek jou plek vroegtydig om deel van die Bronnie se spesiale herdenkingsuitgawe te wees en vier 15 bestaansjare saam met jou gemeenskap se eie onafhanklike gemeenskapsblad.

Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online