’n Dag vol verrassings vir seniors PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 August 2017 12:13
Untitled Document

Tierpoort Seniors se byeenkoms op 2 Augustus was ‘n dag vol verrassings en pret. Met ‘n tema soos ‘Pick-a-Box’ is niemand met lee hande huis toe nie.

Die pret-dag is by Shokran in Luiperdstraat, Tierpoort gehou met Charmaine Lourens as die gasvrou wat gesorg het dat almal met glühwein verwelkom word.


Seniors word deur Marietjie Alers verwelkom

Pakkies is met klein geskenkies gevul en deur die komiteelede versier. Alhoewel daar ‘n paar fop-pryse was, was daar ook drie groot pryse, geborg deur Leribisi Lodge, White Linen Guest House en LJ’s Pub & Grill.


Dieter Laubinger met sy fop-prys

Maureen en Johan Schorr gaan by LJ’s eet

Elke tafel het ‘n blik gevul met vrae op gehad. Daar was agt temas: Algemene kennis vrae; babafoto’s van die komiteelede; raaisels; stomstreke; ‘trivial pursuit’; feite oor Tierpoort en Tierpoort Seniors; diere in Tierpoort; en voëls van Tierpoort.


Hoenderbreyani met sambals

Alvorens ‘n deelnemer ‘n boksie kon gaan kies moes elkeen ‘n vraag trek, hard-op lees en korrek beantwoord, natuurlik met genoeg hulp van die tafelgenote.


Die tafel met die geskenk-boksies

Die gelukkige wenners van die groot pryse was: Koos en Gitte Theron vir oornag met ‘n ontbyt by White Linen; Edwin en Anette Whittle het Leribisi se pakket van aandete, oornag en ontbyt gewen; en Johan en Maureen Schorr het ‘n ete by LJ’s gewen.


Anette en Edwin Whittle met hulle Leribisi-prys
.

Koos en Gitte Theron met hulle geskenkbewys van White Linen-gastehuis

Soos altyd was die spyskaart voortreflik berei en bedien deur die komitee. Die hoofmaal was geurige hoenderbreyani met sambals. Vir ‘n soete afsluiting was daar roomys met sjokoladesous.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online