Totsiens, tannie Sarie PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 August 2017 12:09
Untitled Document

Sarie Genis, wat vir die afgelope 17 jaar ’n onmisbare deel van die Laerskool Witpoort-span was, het afgetree


Sarie Genis

Met haar afskeidsfunksie het ‘n erewag van leerlinge haar van die kantoor na die saal geneem. Graad sewe-leerlinge het 17 rose vir haar aantal diensjare individueel aan haar oorhandig en spesiaal aan gunsteling onthou-dinge van haar gekoppel.


Leerlinge vorm ‘n erewag vir tannie Sarie
Foto’s: Laurette van der Vyver

Die skoollied is vir oulaas vir haar gesing waarna Sarie se kollegas haar in styl gegroet het met ’n afskeidsfunksie wat deur Christa van Zyl en Marthinette Botha voorberei is.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online