‘n Fees van grafsteenjagters en genealoë PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 August 2017 12:08
Untitled Document

Die tiende Genealogie- en Familie-erfenisfees is op Saterdag 2 September by Lynnwoodrif
NG-Gemeente van 8.30 vm tot 1.30 nm. Neem jou leidrade oor bekende voorouers saam en gaan stel jou vrae oor die plekke waar jy vashaak met jou stamboomnavorsing.


Nicol Stassen van Protea Boekwinkel, sedert 2008 ’n uitstaller en borg van sprekers by die Genealogie- en Familie-erfenisfees, saam met Isabel Groesbeek

Die fees is ‘n saamtrek van talle ervare navorsers van spesifieke familiename en familiebonde, soos: Barkhuizen, Bekker, Booysen, De Lange, Diedericks, Dreyer, Fourie, Human, Jordaan, Labuschagne, Lamprecht, Lemmer, Lombard, Malan, Rooth, Van Wyk, Vermeulen, Vorster en Vrey.

Jy kan meer oor metodiek en bronne leer en kyk na uitstallings van die Genealogiese Genootskap van SA, die Hugenote Vereniging van SA, Die Erfenisstigting en Protea Boekwinkel.


GGSA Noord-Transvaaltak deur Hanke Fourie se lens

Die fees word deur Isabel Groesbeek gereël, sedert 2000 die aanbieder van die genealogie-werkswinkel, ‘Van waar Gehasi’. Isabel is reeds 30 jaar betrokke by genealogie en verduidelik dat die fees se doelstellings is om die vakgebied en betrokke genealogiese aktiwiteite in ’n familiefeesatmosfeer onder die algemene publiek se aandag te bring. Ook om tegnies korrekte raad oor bronne, metodiek en hulpmiddels deur te gee en om ’n netwerkgeleentheid vir betrokkenes by die vakgebied te skep.


Johan Barkhuizen, een van die uitstallers sedert 2008

Toegang tot die feeslokaal is gratis en boeke, eetgoed en drinkgoed is te koop. Gelyklopend met die uitstallings is daar ook drie inligtingsessies. Die inleiding en verwelkoming deur Isabel is 9:15. Dirk van Heerden, ‘Die Grafsteenjagter’, praat 9:30 en John Yssel 10:30 met die tema ‘Vanne – Die verskil in spelling van dieselfde van en redes daarvoor’.

Teen 11:30 is dit GGSA: Noord-Transvaaltak met gasspreker Carol Hardijzer se beurt. Sy praat oor ‘Foto’s voor 1915 en genealogiese navorsing’.


Uitstalruimte

Die fees word in die Atrium, Lynnwoodrif Gemeente, Lanciastraat 269, Lynnwoodrif gehou. Vir meer inligting, bel Isabel by 082-441-2325 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

 

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online