Skepper van Loftusbeeld stal uit PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 August 2017 12:07
Untitled Document

‘n Uitstalling om die 80e verjaardag van die bekende Pretoriase kunstenaar, Eben Germishuys, te vier word op 18 en 19 Augustus gehou.

Eben was vir 33 jaar ‘n kunsonderwyser, waarvan hy tien jaar adjunkhoof van Pro Arte Hoërskool in Pretoria was. Hy het vroeg afgetree en sy eie kunsskool begin. Hy het hom deurgaans met verskeie skeppende kunsvorme en ook met skryfwerk besig gehou.


Eben Germishuys by sy bekende beeld voor Loftus

Eben is veral bekend vir sy beeldhouwerk en het talle opdragte met groot sukses voltooi. Een van sy bekendste werke is die beeld van ‘n rugbyspeler voor die ingang van Loftus.

Belangstellendes kan die opening van die uitstalling, 5.30 nm vir 6 nm, op Vrydag 18 Augustus by Bergseringlaan 365, Magalieskruin bywoon. ‘n Gelukkige trekking sal dié aand gehou word. Op Saterdag is die uitstalling van 10 vm tot 4 nm.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online