Goliat van Gat word groter PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 August 2017 12:06
Untitled Document

Die Goliat-van-Gat pampoenkompetisie vir 2018 skop op Saterdag 19 Augustus vanjaar reeds af.

Deelnemers gaan volgende jaar die grootste prysgeld nog kan wen: R12 000 vir die grootste pampoen; R15 000 vir ‘n Suid-Afrikaanse rekord; en R100 000 vir ‘n wêreldrekord.

Die grootste wenpampoen wat die Goliat-van-Gat pampoenfees ooit opgelewer het, was in vanjaar se kompetisie: Hugo le Roux se enorme 556 kg pampoen. Dit was die derde jaar wat Hugo die kompetisie gewen het en hy bied die inligtingsdag op 19 Augustus van 1 nm tot 2.30 aan by die Ou Motorklub in Silverton.


Hugo le Roux se enorme 556 kg pampoen
Foto: Proagri

Hugo gaan sy geheime deel om groot pampoene te kweek en deelnemers kan van die SA rekordpampoenpitte daar kry. Die dag kos R150 per persoon en sluit in pitte, instruksies en inskrywing vir die 2018 kompetisie.

Vir meer inligting skakel TLU SA se kantoor in Silverton by 012-804-8031.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online