Bronkie se oord brand af PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 August 2017 12:05
Untitled Document

Die bekende Bronkhorstspruitse vakansieoord, Die Draai, is laat in Julie heeltemal deur ‘n brand verwoes, terwyl die brandweer magteloos toegekyk het. Brandkrane op die toneel was buite werking en hoewel die brandweer redelik gou op die toneel was, was die brandslange nutteloos sonder enige watertoevoer.


‘n Brandweerwa en personeel, maar geen werkende brandkrane nie
.

Brandweermanne kyk toe terwyl ‘n kollega smeulende hout met die brandweerwa se water bespuit

Die munisipale oord lê aan die oewer van die Bronkhorstspruit-rivier, vlak teen die dorp. ‘n Veldbrand het uit die rigting van Zithobeni, oorkant die rivier, ontstaan en het volgens ‘n inwoner, Cecilia Knox, letterlik ‘oor die rivier geloop’ voor die vlamme die oord verswelg het. Die rivier is kant-en-wal deur hiasinte besmet en die plante was kurkdroog.


Die brandkrane op die toneel was buite werking
Al die geboue op die terrein is in puin gelê

Al die geboue en die kampeerterrein is deur die brand vernietig.


Nie veel het van die ruim funksielokaal oorgebly nie

Die vuur het oor die rivier ‘geloop’ omdat dit vol droë hiasinte was
 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online