Dinge om te doen in 2009 Print E-mail
News - Artikels
Monday, 23 February 2009 22:49
Untitled Document

Nou het jy nie meer ’n verskoning om oor ’n naweek te sit en wonder wat om te doen of waarheen om te gaan nie. As jy lief is vir die natuur, wys ons jou die wildtuine en staproetes in ons omgewing. As jy lief is vir perde, wys ons jou waar jy kan voorberei vir skoue of selfs ’n perdepiekniek kan hou. Of jy nou wil vlieg, trou, verjaar, jouself wil pamperlang of net lus is vir lekker eet en oorslaap – ons wys jou presies waarheen jy in ons omgewing kan gaan vir onvergeetlike ervarings.

Laat die adrenalien pomp
As jy ’n adrenalien ‘junkie’ is, is ons kontrei die plek vir jou. Hier kan jy paintball teen berghange speel, jy kan mure uitklim, rondom grot-rotse klouter of leer vlieg by ons omgewing se eie lughawe.

The Barn
Dryf verveling jou teen die mure uit? Kom leer dan hoe om behoorlik te klim. The Barn bied ’n binnenshuise klim-omgewing vir beginners en gevorderde bergklimmers. Daar is 450 m² mure om teen uit te klim, 150 m² grot-rotse, ’n winkel vir klimbenodighede en ook toerusting om te huur. Jy kan na die tyd ontspan in die ‘chill lounge’ of ’n braaivleis hou. Dis die ideale plek vir spanbou aktiwiteite of ’n avonturier verjaardagpartytjie. The Barn is op die Boschkoppad. Skakel 082-335-3220 of stuur ’n epos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Paintball Plus
Lus om paintball te speel, daarna ’n braai te hou en oor te slaap? By ‘Paintball Plus’ kan jy in ’n sorgvrye plaasatmosfeer kom oorslaap as jy jou eie tent saambring. Daar is braai en piekniekgeriewe, ’n uitkyktoring, plaasdiere, ’n bos, loopgrawe, skanse en oop veld vir verdere avonture. Dié opset is ideaal vir kinderpartytjies, spanbou of familie-uitstappies en ’n mens kan die hele plek vir jouself huur. Dit het veral gewild geword vir ‘bachelor’ partytjies. Potjiekos, spitbraai en varsgebakte plaasbrood word voorsien op versoek. Paintball Plus is in Tierpoort en kan bereik word met Lynnwoodweg (draai af by die Nkwe bord) of Garstfonteinweg (draai af by die Tierpoort-sentrum). Bel Louwrens Erasmus by 082-413-8955.
.
Superb Flight Training
Nou kan jy jou vlerke strek en vlieg. Ja, jy. Dit is bekostigbaar. By Superb Flight Training kos ’n inleidingsvlug vanaf R300. Jy leer vlieg met moderne Jabiru- en Tecnam-vliegtuie, maar leer perspektiewe aan wat jou nie beperk tot ligte vliegtuie nie. Daar is ervare instrukteurs, vanaf vrywillige lugmag jet vlieëniers tot ’n Boeing 737 instrukteur vir SA Lugdiens. SFT is by Kitty Hawk op die Boschkop teerpad, die grootste vliegveld in private besit in die land. Skakel 012-811-2233, 072-201-7222 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Adventure Paintball
Het jy al ooit ‘paintball’ teen die hange van die Bronberg gespeel? Avonture vir jonk en oud-maar-nog-nie-koud word aangebied by Adventure Paintball. Daar is geleentheid om partytjies te hou vir tot 20 mense in ’n lapa wat ’n braaiplek het en selfs ’n jacuzzi vir diegene wat een keer te veel van nader met dié verfballetjies kennis gemaak het. Adventure Paintball is uit met Lynnwoodweg-verlenging, 12 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Skakel 012-811-0107 of bel Thelani by 072-874-1870.

Perde-pieknieks en avonture
As jy mal is oor perde, bied die Bronberg-gebied vir jou ’n groot klomp aktiwiteite – van lesse vir beginners tot skoue vir ervare ruiters, van uitritte vir die hele gesin tot ’n romantiese perde-piekniek vir twee, perde-partytjies en ritte in perde- en donkiekarretjies.

Liberty Stalle en Ryskool
Liberty Stalle en Ryskool bied rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters van alle ouderdomme. Jy kan jou perd in een van die 28 stalle aanhou en oefen in die verskeidenheid van arenas. Daar word gehelp met die voorbereiding en bywoon van SANESA skoue. Skoue, vakansiekampe en pretgeleenthede, soos kinderpartytjies met ’n verskil, word op die perseel gehou wat spog met ’n klubhuis. Dié klubhuis is te huur vir klein geleenthede soos verjaarsdae en kantoorpartytjies en dit is die ideale plek vir ’n romantiese piekniek vir twee mense. Jy kan ook op ’n uitrit gaan wat gekombineer kan word met ’n piekniek. Liberty Stalle en Ryskool is op die Boschkop-pad, 5 km vanaf Lynnwoodweg. Bel Juanita by 082-417-8137.
. .

.
Esperanza Ryskool
Esperanza Ryskool is vir almal wat wil leer perdry – die hele gesin is welkom. Hier word ook ernstig gekompeteer in skoue, perde word geleer, daar is uitritte, lesse, stalle beskikbaar en vakansiekampe. Behalwe perdry, kan kinders hier op ponies ry, op karretjies wat deur ponies getrek word; daar is donkiekarritte en ‘quad’ fietsies vir kinders. Daar is ’n speelgrond, trampolien, plaasdiere om te voer en piekniekgeriewe by die rivier. Klein en groot kan bedags of snags in die lokaal wat te huur is ’n partytjie hou met ’n regte plaasatmosfeer. Bel Marina by 076-184-5660.
.

.
Pacific Blaze
Pacific Blaze Ryskool bied basiese perdrylesse aan teen R80 per les, maar die prys gaan in April op na R90 per les. Hulle het ook nou ’n piekniekplek wat jy kan huur vir funksies. Jy kan jou eie piekniekmandjie en kombers saambring en ontspan terwyl die kinders perdry en speel. Hulle is besig met ’n restaurant wat in die toekoms gaan oopmaak. Pacific Blaze is uit met Garstfonteinweg-verlenging. By die Spenmist bord draai jy links en ry 5 km tot by hulle plek. Bel Sonette by 079-344-1490.
.

.
Cullen Stables
Cullen Stalle spesialiseer in rylesse vir beginners tot gevorderde ruiters in ’n veilige omgewing en fasiliteite met betroubare skoolperde. Groep of individuele oggendlesse word spesiaal vir vrouens aangebied. Afrigters kan kinders help met die voorbereiding en bywoning van inter-skool skoue. Daar is gereeld poniekampe, pretdae en skoue en kwaliteit stalle is beskikbaar. Dié mense weet ook dat rylesse jou kind se balans, koördinasie en selfvertroue kan help verbeter. Cullen Stalle is net af van Lynnwoodwegverlenging. Bel vir Llewellyn Mason by 083-227-8048.
.
Summer Brook
Is jy op soek na top-gehalte stalle vir jou perde en internasionale akkreditasie vir jou rylesse? Summer Brook is verbind aan ’n internasionale maatskappy en gee afrigting, soos spring en alle ander fynere kunste van perdry, wat aan internasionale standaarde voldoen. Stephan, wat ook professioneel perdry, is die naam van jou afrigter. Summer Brook is geleë in Zwavelpoort, noord van die Bronberg. As jy in Lynnwoodweg-verlenging ry, draai jy berg se kant toe by die ‘action cricket’ plek. Ry tot waar die pad doodloop in ’n bruin hek waar jy links draai. Dan is hulle omtrent 500 meter verder aan die regterkant. Bel vir Stephan by 079-527-0658.

Oor berge en dale
Of jy nou wil wildkyk, voëlskyk, visvang, vleisbraai, piekniek hou, uitkamp of net vir ’n dag staproete wil gaan, hier is waar jy dit in ons omgewing kan doen.

Somabula
Somabula is die ideale plek vir ’n naweek wegbreek. Daar is 400 ha van inheemse bome, pragtige boswêreld, baie voëlkykgeleentheid en ’n verskeidenheid bokke, kleiner diertjies, asook kameelperde, sebras en wildebeeste. Dagbesoekers kan die lapa met sy braaigeriewe gebruik vir familiebyeenkomste of spesiale geleenthede. Wildbesigtigingstoere en perderitte begelei deur ’n gids, bring jou nader aan die wild. Jy kan selfs op ’n nagrit gaan. Daar is meer as 30 km paaie en wandelpaaie vir die wat wil stap of met ’n bergfiets wil ry. Somabula is op die R515, die Rayton/Cullinanpad, ongeveer 4 km buite Rayton in Cullinan se rigting, net voor die Zonderwater gevangenis. Skakel 082-550-1892.
.
Nkwe Park
Nkwe Park is Tierpoort se bekendste vleisbraai-, piekniek- en swemplek met wandelroetes vir voëlkykers. Die rotspoele en kuile word gevoed deur die boloop van die Pienaarsrivier en daar is fonteine al langs die rivier af, wat plek-plek opgedam is. Toegang vir dagbesoekers is R20 per volwassene en R10 vir kinders onder 12. Nkwe Karavaanpark bied karavaan-staanplek en daar is karavane te huur vir dié wat ’n naweek in die natuur wil deurbring. Nkwe is in Tierpoort, 15 km vanaf Hans Strijdomrylaan uit met Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel 012-811-0095 of bel Francois Liebenberg by 082- 978-9631.
.
Faerie Glen Natuurreservaat
Een van die maklikste maniere om die Bronbergrif van naderby te leer ken is om koers te kies Faerie Glen Natuurreservaat toe. Die 128 ha reservaat is geleë waar die Bronberg begin en die ingang is uit Louis Botharylaan. Daar is drie wandelroetes: Hadeda is 6,2 km lank, Akasia is 4,5 km lank en Kiepersol is 11,3 km lank. Die reservaat is van September tot April oop van 6 vm tot 7 nm en van Mei tot Augustus van 6 vm tot 6 nm. Vir meer inligting, skakel 012-348-1265/6. Om aan te sluit by Vriende van Faerie Glen Natuurreservaat, bel Jo-Mey Dreyer by 083-380-0500.
.
Rietvlei Natuurreservaat
As jy op wildbesigtigingstoere rondom ’n dam wil gaan, wil voëls kyk, stap, visvang en kampeer, is die Rietvlei Natuurreservaat die plek vir jou. Daar is 3 800 ha Bankeveld grasland wat strek oor vlaktes, heuwels, vleie, stroompies en die Rietvleidam. Jy kan op ’n 10 km dagstaproete gaan of op ’n 21 km oornag- roete waar jy in ’n oornag hut bly wat beddens en matrasse insluit. Die Rietvlei Natuurreservaat is uit met die Delmas-pad, naby die Nelmapius/R21 kruising. Vir meer inligting, skakel 012-345-2274 of 012-345-5103.
.

Leer iets nuuts
In ons kontrei kan jy leer potte gooi, deel word van ’n tromsirkel, jy kan vuurdanse leer doen, die didgeridoo leer speel, sosiale danse aanleer, leer hoe om jou lyf soepel kry, hoe om brug te speel of hoe om jouself te beskerm.

Elza van Dijk Pottery studio
Is jy op soek na ’n ateljee waar jy verskillende tegnieke in die pottebakkerskuns kan aanleer? Elza van Dijk Pottery Studio bied oggend-, middag- en aandklasse teen R550 per maand of R150 per klas. Hier word gespesialiseer in handwerk, maar klasse in wielwerk en verftegnieke op keramiek-produkte word ook gebied. Daar is ’n verskeidenheid produkte te koop, van eetware tot beeldhouwerk en argitektoniese en landskap keramiek-kunswerke. Produkte word op bestelling gemaak. Spanbou en partytjies vir volwassenes en kinders kan op afspraak gereël word. Elza van Dijk Pottery Studio is in Lynnwoodweg by Karoo Café, oorkant Willow Way Winkelsentrum. Skakel 012-807-5968, 082-823-7576 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Klitsgras Drumming
Dis tyd om die tromme te laat tril. Klitsgras Drumming vier sy tiende bestaansjaar. Dit is nou dié plek om te leer tromslaan by dag-lange werkswinkels. Daar is verskillende afrigters vir beginners en dié met gevorderde kennis. Klitsgras spog ook met die eerste vuurput wat in die land gebou is vir vuurdansers. In dié sirkel, wat 12 meter in omtrek is, kan tot ses vuurdansers gelyk dans. Hier word vuurdans werkswinkels aangebied wat die volgende tegnieke insluit: kort en lang staf, poi en diablo. Die didgeridoo werkswinkels en klasse dek die volgende: asemhaling, ritme, klankvariasies,klank kwaliteit en hoe om jou eie ritmes te skep. Klitsgras is uit met Garstfonteinweg-verlenging. Vir meer inligting oor hul feeste, spesiale geleenthede of spanbou, bel Andries by 012-811-0100 of 083-311-0025 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
To-Shin Do
Wil jy leer hoe om jouself te beskerm? To-Shin Do is die bestudering van die eeueoue kuns van die Ninja krygsman. Dié kuns is nou aangepas om by die moderne mens se lewe in te pas en veral om jou te help om jou en jou gesin te beskerm. Ons omgewing bied klasse vir juniors, volwassenes, selfverdediging vir vrouens, private klasse en klassieke Ninjitsu. Die klasse word aangebied in 233 Markstraat, Grootfontein Landgoed, uit met Garstfonteinwegverlenging. Vir meer inligting, bel Denis by 083-259-5357 of kyk na www.budoquest.co.za.
.
Alde Schultz Dansskool
Alde Schultz Dansskool bied moderne danse, moderne jazz, klopdanse, hiphop, sport en dans-aërobiese oefening asook sosiale danskursusse soos ‘twostep’, wals en ‘swing’ vir matriekafskeid of troues. Daar is ’n oop klas vir skou-dans. Alde glo dat kinders moet dans omdat hulle wil en nie omdat hulle moet nie. Die klasse is klein en fokus op individuele aandag. Ouers is welkom om in te sit by alle klasse. Kinders met spesiale behoeftes is welkom. Die dansateljee is in Moreletapark. Bel Alde by 083-417-4296.
.
Callanetics
Wil jy leer hoe om jou spiere te versterk, jou soepelheid terug te kry, jou rug te beskerm en jou postuur te behou? Een-uur ‘Callanetics’ klasse word in Grootfontein aangebied op Maandae en Vrydae om 6 nm. Dit is ’n veilige oefenmetode wat die hele familie saam kan doen, van verwagtende moeders tot klein kindertjies. Die klasse word aangebied in 233 Markstraat, Grootfontein Landgoed, uit met Garstfonteinwegverlenging. Vir meer inligting, bel Katalina by 082-051-1213.
.
Silver Lakes Duplikaatbrugklub
Brug is dwarsoor die wêreld ’n uiters gewilde spel en word amptelik as ’n Olimpiese ‘breinsport’ erken. Kom sluit Donderdagaande om 7 nm aan by die Silver Lakes groepie in die Willow Acres-klubhuis. Hier kry jy aangename geselskap en oefening vir die breinselle. Die koste is R20 per persoon. Bel Frances by 083-271-0830 vir meer besonderhede. Bel Georgina by 073-144-1473 vir inligting oor bruglesse.

Gastronomiese kuiers met skop
Van ’n gasteplaas tot ’n ruïne teater, van kuier tot konferensies, van spanbou tot trou– hier wys ons jou waar om te eet, oor te slaap of dalk nag-deur wakker te bly.

Kitty Hawk
Wat van ’n lekker buffet ontbyt by ’n private lughawe hierdie naweek? Kitty Hawk Klubhuis is reg langs die Kitty Hawk lughawe se aanloopbaan en het, sedert hy vir die publiek oopgestel is, vinnig bekend geword vir sy Sondag buffet ontbyte en middagetes. Hulle spesialiseer in tradisionele geregte soos bobotie en daar is altyd ’n warm nagereg soos souskluitjies of Roly Poly. Die klubhuis, met sy vuurherd in die middel van die restaurant is ’n gesellige ontmoetingsplek en is te huur vir private funksies. Kitty Hawk Klubhuis is op die Boschkop-pad en is elke dag, behalwe Maandae, oop vanaf 8 vm. Bel vir Nico by 083-334-4714 of Lynette by 083-518-8740 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Shokran Events & Conference Venue
Shokran bied veelsydige funksiegeriewe in ’n rustige plaasatmosfeer, net ’n klipgooi uit die stad uit. Dié plek is geleë in ’n neutplantasie met groot grasperke en mooi bome. Meeste van die deure, vensters, ligte en ander bykomstighede is persoonlik in Marokko gaan koop om ’n eksklusiewe atmosfeer te skep met die klem op detail. Hulle dek ’n wye spektrum funksies wat jy vir altyd sal onthou. Kontak hulle vir verjaarsdae, troues, konferensies, kinderpartytjies of enige iets anders wat gevier moet word of kom ondervind net die plek se besonderse atmosfeer. Shokran is op plot 99, Tierpoort, 12 km vanaf Woodlands Winkelsentrum op Garstfonteinwegverlenging. Bel Charmaine vir ’n afspraak by 082-335-5659 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
De Haven Oost
De Haven Oost is ’n funksie-plek met kapel, restaurant, gasteplaas en spa. Vir ’n droomtroue is daar ’n bruid suite met spabad, aparte suite vir aantrekgeriewe vir die bruid en haar gevolg en ’n sonbed. Vir ’n wegbreek konferensie of bosberaad is De Haven Oost naby genoeg aan die stad maar tog ver genoeg vir rustigheid. Die restaurant is nou oop vir die publiek. Hier is Saterdag ontbytdag en Sondag buffetdag. Keuses wissel tussen ’n boerekos-, braai-, hamburger-, slaai- en nageregbuffet. Pensioentrekkers kry spesiale afslag en daar is ’n speelpark vir kinders. En as jy te veel geëet het, kan jy altyd hier oorslaap. Die spa sal in April vanjaar voltooi wees. De Haven Oost is ongeveer 12 km vanaf Silver Lakes op die N4 snelweg. Bel vir Retha by 082-490-7373 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Olympus Stream
Lus om ’n bietjie buite te sit en koffie drink? Olympus Stream is ’n teetuin en funksie-plek, ideaal vir groter funksies, soos jaareindfunksies en troues, of meer intieme kleiner funksies soos spanbou aktiwiteite of kinderpartytjies. Die teetuin, met sitplek vir 100 mense, se spyskaart strek van ligte etes soos tramezinis en braaibroodjies tot koeke en terte. Die banketsaal het plek vir 150 gaste, met ’n dansvloer. Daar is ’n kapel en jy kan selfs ’n markiestent huur vir ’n buite-troue. Vir konferensies is daar ook twee toegeruste raadsale. Die kleiner Whiskey-kamer is vir kleiner geleenthede met tot 20 gaste. Olympus Stream is in 47 Neptunusrylaan, Olympus. Vir meer inligting, skakel 012-991-0445 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Bronberg Lodge
Verlang jy na ’n lekker bord boerekos, soos ouma dit gemaak het? Bronberg Lodge bied tradisionele disse soos afval, pofadder, skaapstertjies, skilpadjies, gerookte varknek, beespens, beestong, kaiings en pap, asook skaapkop. Eienaar Faan Smuts is ’n stigterslid van die Suid- Afrikaanse Skaapkop en Afval Gilde. Dié plek bied elke Vrydag verstommende ‘specials’ soos heel hoender, T-been en pap of Eisbeins. Met sy groot grasperke is Bronberg Lodge ook die ideale landelike plek vir kinderpartytjies. Bel vir Tania as jy so ’n partytjie wil reël by 082-788-6079. Bronberg Lodge is in Lynnwoodweg- verlenging, langs die Boschkopafdraai. Vir meer inligting skakel 012-809-0130, bel vir Faan by 082- 820-7339 of vir Hans by 076-452-6182.
.
Ed’s Place
Ontmoet jou vriende in ’n warm, gemoedelike plattelandse kroegatmosfeer ’n blote klipgooi uit die stad uit. Ed’s Place is ’n plek waar jy ’n private funksie kan hou, ’n skemerkelkie buite onder die grasdaksambrele kan geniet, kan uitsien na ’n romantiese ete vir twee voor ’n kaggelvuurtjie of net kan sit en luister na die Bronbergse plattelanders se kroegstories. Daar is Sondae verskeie ‘bikers breakfast run specials’, braaigeriewe en ’n buitenshuise musiekmaakplek, die Ruïne Teater. Ed’s Place is in Garstfonteinweg- verlenging, ongeveer 12 km anderkant Woodlands Boulevard. Vir meer inligting, skakel 012-811-0912 of 082-219-6266.
.
Caseiro
Caseiro Food and Wine spog met ’n groot stoep en houtdek wat uitkyk op die dam en tuine van Faerie Glen se Boardwalk-sentrum. Binne heers ’n warm atmosfeer met die geverfde plafonne, smaakvolle dekor en snoesige kaggel en kroeg. Hulle is gereed vir enige geleentheid en hou ook private funksies. Caseiro het bekend geraak vir sy sappige vleisdisse en vis, maar daar is deesdae net soveel mense wat gaan skemerkelkies drink op die houtdek na ’n lang werksdag of om die naweek mee af te skop. Caseiro Food & Wine is in die Boardwalk-sentrum, langs die Virgin Active gym, in Haymeadowstraat, Faerie Glen. Bel Werner Ferreira by 012-991-6126 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Bydi Bos
Bydi Bos is ’n kuierplek vir groot en klein - van troues en funksies soos eindjaarfunksies, verjaarsdae, spanbou en konferensies tot kinderpartytjies. Dié bosplek bied meer as een kuierplek om van te kies, asook verskillende pakkette. Daar is braaigeriewe, ’n swembad en ’n baie private ‘venue’ in die bos met sy eie badkamers, kroeg en boma. Ouers kan rustig sit en kyk hoe kinders baljaar in sandputte met swaaie, ’n boomhuis, klimrame, ‘foefieslides’, en fietsiebane met karre. Bydi Bos is weg van die stad se gejaag in ’n bosveld-omgewing, maar slegs 10 minute se ry vanaf Hans Strijdomrylaan op ’n plot in Donkerhoek. Vir meer inligting, kontak Cathy Botha by 072-299-9377 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Lievland
Ervaar ouwêreldse sjarme in ’n landelike plaasatmosfeer. Lievland bied ’n opelug kapel langs die swembad, ’n ou klipskuur met aangrensende boma, ’n gazebo in ’n skadutuin en ’n berg-boma tussen bosveldbome met ’n prag uitsig. Vir die wat ’n veldtroue verkies is daar selfs ’n “trouboom”. Gaan smul aan heerlike tradisionele geregte of kuier in die skuurkroegie, genaamd Daisy, met anderste plaasdekor. Die geheime tuin met gazebo is ideaal vir pieknieks en tuinfunksies. Spitbraaie en potjiekos word in die berg-boma berei en tussen bosveldbome geniet. Lievland is in Pienaarspoort, uit met die ou Bronkhorstspruitpad. Vir meer inligting bel Riana by 083-447-5364.
.

Hemel vir die kortvolk
Kinders is welkom by die meeste van die kuierplekke in ons kontrei, maar daar is ’n paar spesiale kinder-hemel plekke wat fokus op die kortvolk.

Kidz Castle
Op soek na ’n diereplaas en speelgrond vir kinders? Kidz Castle hou partytjies in ’n landelike omgewing - op die plaasmanier. Daar is ’n verskeidenheid klimapparate twee afdakke vir die onthaalarea, ’n springkasteel, ponieritte, trekkerritte en die voer van plaasdiere soos ’n bok, skapies, eende, hoenders, ponies en hase. Die plek is te huur vir groep pieknieks of ’n braai. Besprekings is noodsaaklik. Kidz Castle is op plot 21, Farm-weg, net af van Simon Vermootenrylaan. Bel Dawie by 082-804-6979, Marike by 083-770-1786 of skakel 012-807-0688.
.
Biekielekker
Biekielekker is die plek om te wees as jy op soek is na ’n teetuin waar kinders kan baljaar. Daar is ’n springkastelepretpark vir groot en klein in ’n ruim speelpark en volop plek om kinderpartytjies, troues, familiebyeenkomste, verjaarsdae of spanbousessies te hou. Daar is Saterdae en Sondae buffet-ontbyte en Sondae is daar verskillende buffet middagetes, soos ’n braaivleis buffet. Biekielekker is op plot 65, Lynnwoodweg, Shere, ongeveer 2,5 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Bel Susan by 082-366-0140 of 083-290-1452

Maak dit spesiaal
Beplan jy ’n partytjie by jou eie huis? Hier wys ons jou hoe om dit spesiaal te maak. Gaan groot met ’n eksotiese tema, raak romanties met kerslig of verewig jou doen en late deur dit professioneel te laat opneem.

Aloemore Studio
As die dinge wat jy oor ’n naweek wil doen ’n temapartytjie insluit, het jy beslis die regte dekor nodig. Aloemore Studio se liggewig dekor is maklik om te vervoer en bied jou die kans om ’n onvergeetlike funksie te hou. Temas strek van Arabies, Egipties, Meksikaans, Frans, ‘Cowboy Western’, die sestigerjare, onder-die-see, gemaskerde bal, misties en ’n verskeidenheid tema-karakters. Die muurversierings is 2,5 x 3 m groot en elk kom uit met sy eie staander sodat jy dit maklik kan skuif presies waar jy dit wil hê. Daar is ook dekor wat aan mure kan hang, baniere, tema-verwante uitnodigings en tafelversierings. Vir meer inligting, skakel 012-991-1713.
.
Candles for All
Daar is min dinge wat so kan atmosfeer skep soos kerslig. Of jy nou ’n troue reël, ’n verjaarsdag hou of ’n jaareindfunksie beplan, Candles for All bied kerse in klein- of grootmaat. Daar is ’n reeks Khoisan handgeverfde kerse en ook ’n reeks gegeurde kerse wat lank brand en nie drup nie. Dié kerse word by markte soos Magnolia Del en Klip Klap uitgestal. Candles for All hou kreatiewe werkswinkels en kinderpartytjies, wat kersdip en -verf behels, in Murrayfield. Dié kersdip en -verf werkswinkels toer ook na feeste en basaars. Vir meer inligting bel Riki by 012-803-9847, 082-334-4968 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
AV Capture
Wil jy seker maak dat niemand jou verjaardagpartytjie, troue, sportbyeenkoms, jaareindfunksie of skoolkonsert ooit vergeet nie? AV Capture se mense sal na jou toe kom om jou gebeurtenis op video vas te lê vir die nageslagte. Hulle het die ondervinding om jou produksie vanaf die beplannings- tot afrondingsfase te hanteer. Hul dienste strek van die skryf van teks, die opneem, samestelling en redigering van videos en selfs tot die voorbereiding van toesprake. AV Capture is op die R515 tussen Rayton en Cullinan. Bel Marlize by 082-925-8703 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

Verkwikking
Dit is tyd om jouself te bederf. Kom ontspan in weelde met ’n skemerkelkie by ’n luukse spa in die bos of bespreek ’n behandeling vir twee by ’n mini-spa.

Eldamar Estate en Arwen Spa
Eldamar Estate en Arwen Spa bied jou ’n sprokieswêreld wat deur enigeen geniet kan word - van ’n rustige borrelbad met ’n skemerkelkie tot ’n fenomenale uitsig waarin jy jouself kan verloor. Dis ’n wegbreek wat alles bied, van ’n warmwater swembad tot pragtige diere, bos-etes en bosritte, heerlike maaltye wat jy saam met ’n spesiale iemand kan geniet, asook luukse spa-sessies. Te midde van dié asemrowende natuurskoon kan jy enige soort funksie kom hou met funksie- en konferensie- fasiliteite uit die boonste rakke en professionele diens van top gehalte. Eldamar Estate en Arwen Spa is in Klipkop, aan die einde van Lynnwoodweg- verlening. Skakel 011-748-2920 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Renew
Op soek na ’n mini dag-spa vir twee mense? Renew neem slegs twee mense op ’n slag, soos man en vrou, ma en dogter of twee vriendinne, vir massering, manikuur, pedikuur of gesigbehandelings. Mense kan hul eie spa pakket vir die dag kies. Daar is ook ’n ‘crazy fit’ masseringsmasjien teen R20 vir 10 minute. Renew is in 24 Kingbolt Crescent, Wapadrand. Bel Julandi by 082-494-1184.

Snuffel
Van Marokkaanse snuisterye tot skilderye met ’n Afrikatema, van ouma se riempiesbankie tot oupa se gramafoonkas - hier wys ons jou waar jy na hartelus kan rondsnuffel in ons kontrei.

Klip Klap Antiek en Kunsmark
Klip Klap bied elke derde Sondag van die maand ’n mark aan waar hoofsaaklik antieke ware en kuns uitgestal en te koop aangebied word. Hier kan stedelinge ontsnap na ’n landelike atmosfeer tussen die doringbome en interessante klipgeboue en iets te ete en drinke geniet. Behalwe vir uitstallings deur onder andere Mervyn Emms, wat een van ons kontrei se mees kundige antiekversamelaars is, kan besoekers ook ongewone dinge vir in en om die huis hier vind. Boekliefhebbers kan uit ’n verskeidenheid kies en die juweliersware kry baie aftrek. Klip Klap word gehou op plot 78A Leanderstraat, Olympus. Draai oos uit Olympusrylaan in Leander, reg oorkant Die Werf. Skakel 082-755-0586.
.
Maroc Lifestyle
Die bekoring van Marokkaanse binnenshuise versiering was tot onlangs nog iets wat net in glanstydskrifte bewonder kon word. Nou spog die Bronberg-omgewing met Maroc Lifestyle, ’n invoerder van tradisionele Marokkaanse produkte soos keramiek, lanterns, silwerare, glasware, leer, tekstiele, tapyte, juwele, mosaïek en lampe. Wat dié plek ongewoon maak, is dat die mense self Marokko toe gaan om handgemaakte produkte te gaan uitsoek. Maroc Lifestyle is op plot 99, Tierpoort, 12 km vanaf Woodlands Winkelsentrum op Garstfonteinweg- verlenging. Skakel Charmaine vir ’n afspraak by 082-335-5659 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Wood & Comfort
Lus om ’n bietjie rond te snuffel tussen kunswerke, ornamente en meubels? Wood & Comfort bied harde Afrika-hout meubels en is die trotse uitstalplek vir die kunstenaar Maria Doro se skilderye met ’n Afrika-tema. Jy kry nie net kwaliteit meubels en bykomstighede nie, maar ook dekordienste wat so solied soos dié plek se hout is en so gemaklik soos hulle sitkamerbanke. Hulle is geleë in Atterbury Value Mart, Atterburyweg, Faerie Glen. Bel vir Mariet of Marnette by 012-991-4875 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Old Farm Furniture
Sê nou maar net jy kan in ’n ou plaaswinkel vol meubels gaan rondkrap vir daardie spesiale ietsie. Old Farm Furniture is so ’n plattelandse winkel, vol van oud en nuut met verrassings soos antieke kassies, tafels en riempiesbanke. Daar is ook elke nou en dan spesiale aanbiedinge soos laaikaste vanaf R350. Old Farm Furniture is langs Farmers Shed in Garstfonteinweg- verlenging. Bel Martin by 082- 565-0086 of Phillip by 083-859-2238.

Groen inspirasie
Kom put inspirasie uit ’n agtermiddag in een van die Bronberg se kwekerye. Jy kan kuier op ’n roosplaas, gesels met ’n kweker van inheemse spesies en advies kry oor organiese tuinprodukte, besproeiing en landskapontwerp.

Soleil
Wat van ’n besoek aan ’n roosplaas? Soleil Ludwig’s Cut Roses is sewe dae ’n week oop en jy kan daagliks ’n wye verskeidenheid vars, gesonde snyrose aankoop. Spesiale rangskikkings en mandjies kan op versoek opgemaak word. Daar is spesiale roosprodukte, soos rooslikeur, beskikbaar asook die hele reeks van Ludwig se roossorgprodukte. Hier kan jy ook roosplante aankoop – die nuwe kleinhandel-afdeling het meer as 15 000 plante. Ludwig se roosplante is op die plaas gekweek en geklimatiseer om in die gebied te floreer. Soleil is op plot 4, Tygervallei. Die toegangspad draai uit Lynnwoodweg-verlenging, 3 km oos van Hans Strijdomrylaan. Bel hulle by 012-809-0134.
.
Blyfontein Kwekery
Blyfontein Kwekery spesialiseer in ’n groot verskeidenheid geharde inheemse bome en struike wat plaaslik gekweek word deur Dirk Marais, bekende boomkenner in die Bronberg- gebied. Plaaslike aanpasbaarheid en bekostigbaarheid is hoog op Dirk se ranglys as dit by die kweek van bome kom. Daar is ook verskeie uitheemse bome, soos kersiebome, vir nog kouer streke. Blyfontein Kwekery is langs Lynnwoodweg-verlenging, 3 km verby die Boschkopafdraaipad en 1 km verby die Bafana Kafee aan die regterkant van die pad. Bel Dirk by 083-378-3588 of vir Pine by 082-600-7776.
.
De Bloemin Piazza
Span jou kreatiwiteit in jou tuin in. Maak ’n mooi tuinprentjie in jou kop en De Bloemin Piazza Kwekery help jou om dit te bou. Ywerige selfdoen tuiniers, huiseienaars, geboubestuurders en argitekte is welkom. Saam het Donald, Anton en Retha 60 jaar ondervinding in die tuinbedryf. Dit sluit ontwerp van residensiële en korporatiewe tuine in. Geharde en waterwyse plante word gekweek. Hier kry jy idees, ontwerpe, plante, potte, besproeiing tot die finale installasie. De Bloemin Piazza is op die R104, Bronkhorstspruitpad, langs Jan Ellis afslaers, ongeveer 12km vanaf Silver Lakes. Skakel 012-736-2049 of 012-736-2246 of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Organika 2 U
Organika2U bied organiese tuinprodukte - soos kompos, grasperkbedekkings, ’n verskeidenheid potgrond, organiese kunsmis en deklaag – en is ook ’n groothandelverskaffer van buitenshuise plante. Eienaar Chagné Lubbinge is reeds 23 jaar in dié bedryf en landskapargitekte en kwekerye maak al jare lank van haar ondervinding gebruik. Nou kan die publiek ook by Chagné koop teen baie billike pryse. Organika2U is op plot 399, Zwavelpoort, langs Lynnwoodweg-verlenging. Bel vir Chagné by 073-777-8873 of 084-521-5767, of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
.
Living Gardens
Living Gardens nooi alle argitekte, landskapargitekte, bouers, ontwikkelaars, skole en almal wat op soek is na ’n winskoop om ’n draai by hulle te gaan maak. Hulle verskaf al bykans 15 jaar lank plante teen groothandelpryse aan die publiek. Die kwekery bied top-gehalte, bekostigbare plante, goeie diens en aflewerings wat altyd betyds is. Hulle is in Lynnwoodwegverlenging, tussen die Paul Jungnickelhuis en Eastridge Building & Supply Centre. Kontak hulle by 072-902-7815 of 012-809-3939.

Terug na toeka
Die Bronberg-gebied is ryk in geskiedenis. Dié wat wil sien hoe toeka se inwoners geleef en geboer het, kan by hierdie museums gaan inloer.

Willem Prinsloo Landbou Museum
Die Willem Prinsloo Landboumuseum is ’n kombinasie van opelugmuseum met egte plaasatmosfeer en kultuurtradisies, ou opstalle en permanente uitstallings soos veteraan landbou-implemente, koetse, trêppies en waentjies. Daar is tipiese plaasaktiwiteite soos trekkers aan die werk, broodbak in ’n buiteoond en verepluk. Dié museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-736-2035.
.
Sammy Marks Museum
Die Sammy Marks-museum is een van die bekende landmerke in ons kontrei. Die plaas se naam is Zwartkoppies en Sammy se huis is Zwartkoppies Hall gedoop. Die huis het na verskeie aanbouings 45 kamers gehad vol ornamente en handgemaakte meubels van vervloë dae. Die museum hou gereeld kontreimarkte. Sammy Marks-museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Skakel 012-802-1150.

Helpende hand
As jy mense of diere wil help, hetsy dit nou is om ’n hond vir ’n wandeling te neem of badkamerbenodigdhede vir ’n gestremde mens aan te koop, is hierdie afdeling die een vir jou.

NG Gemeente Tygerpoort
Die NG Gemeente Tygerpoort bied jou verskeie geleenthede om by die gemeenskap betrokke te raak. Hul hou ’n sopkombuis wat aan baie mense hul enigste ete van die dag voorsien, en help om basiese benodighede aan kinders in kleuterskole te voorsien. Die gemeente is op verskillende maniere betrokke by Paul Jungnickelhuis vir volwasse gestremdes. Baie lidmate het ’n polisielid van die Boschkop Polisiestasie aangeneem om op so ’n wyse ons polisiekantoor te ondersteun en ’n geringe bydrae teen misdaad te maak. Die gemeente het pas ’n beradingsentrum geopen en enigeen uit die gemeenskap is welkom om ’n afspraak te maak. Dienste sluit trauma ondersteuning na ’n gewapende roof, huweliksprobleme, gesinskonflik of die verlies aan ’n inkomste en werk, in. Skakel 012-809-0107.
.
Paul Jungnickelhuis
Die Paul Jungnickelhuis vir gestremdes is ’n residensiële fasiliteit wat 24-uur ’n dag sorgdiens lewer aan inwoners wat, weens verstandelike of fisiese gestremdheid, nie in staat is om onafhanklik in die samelewing te funksioneer nie. Min inwoners het nog familie wat by hulle betrokke is, wat beteken dat die tehuis aan alle behoeftes van die inwoners moet voorsien. Skenkings van die publiek af is altyd baie welkom. Die tehuis het ook ’n winkel waar ander skenkings verkoop word vir fondsinsameling. Die Paul Jungnickelhuis is in Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort, ongeveer 4,5 km vanaf Hans Strijdomrylaan. Vir meer inligting, bel vir Daleen by 012-809-0020/1.
.
Quimi Huis
Quimi Huis is in Rayton gebore toe die Departement van Gesondheid in 2007 leiers in die gemeenskap genader het om as koördineerders op te tree en ’n gemeenskapsprojek vir dagsorg en inwoning vir intellektueel gestremdes tot stand te bring. Daar is 32 inwoners en drie dagsorg individue. Dagsorg is in die Hervormde kerksaal in Rayton langs die NG Kerk. Quimi-Huis word bedryf soos ’n gesin, waar saam kosgemaak, boekegevat, wasgoed gewas, tuingemaak, gekuier, sport gekyk, gewerk en op uitstappies gegaan word. Vir meer inligting, kontak die Quimi- Huis by 082-464-7858 of besoek www.qumihomes.org.
.
Help ’n dier
Wet Nose Dierereddingsentrum is ’n reg-tot-lewe sentrum wat verlede jaar van Zwavelpoort nader na Rayton se kant toe getrek het. Hier word ’n veilige hawe gebied aan perde, honde en katte. Vrywilligers is altyd nodig om vir getraumatiseerde diere te help wys dat hulle mense weer kan vertrou. Wet Nose is op plot 75, Vaalbank, oorkant de Leeuw roosplaas op die ou Bronkhorstspruitpad. Dit is ongeveer 6 km van die vierrigting stop kruising met die Cullinan/ Rayton-pad. Skakel 013-932-3941/2, 082-431-1333 of 082-498-7740.

 

 

© 2020 Die/The Bronberger