Nuwe stories van toeka weer op die lug PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 24 July 2017 20:59
Untitled Document

’n Nuwe radioreeks wat op verhale uit die Bronnie se koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, gebaseer is, gaan rondom die einde van Augustus op Pretoria FM afskop.

Omroeper Martin Jansen het die Bronnie se Angie Kleijn verlede jaar gevra om stories oor karakters uit die boek te vertel. Die reeks, ‘Stories van Toeka’, is tot Desember verlede jaar uitgesaai en is vroeër vanjaar in die aande herhaal.

Vorige episodes verskyn as audio webgrepe by: http://www.pretoriafm.co.za/stories-van-toeka/. Die nuwe reeks gaan half elf Dinsdagaande uitgesaai word.

‘Toeka se Dae – Die Karakters’ kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit. Die boek is beskikbaar by die Bronnie se Cullinan-kantoor: skakel 012-734-0522.  Tania Potgieter lewer boeke aan mense in die oostelike hoewegebied. Bel haar by 072-089-0227.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online