Leserslens Julie 2017 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Monday, 24 July 2017 20:43
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.


Chamanda Prinsloo het dié sonsondergang op 12 Junie op Donkerhoek afgeneem


Bloeisels en bytjies in Junie is nie alledaags in Tierpoort nie, sê Belinda van Wyk Hatting oor dié foto van haar


Kaktusblommetjies voorsien winterkos vir die bye van Bashewa
Foto: Gene de Lange


Jan Munnik van Bashewa het die laksmanprooi op sy Bashewa-hoewe raakgeloop. Hy noem dit ‘winterbiltong’ 


Gert Erasmus het dié perskebloeisels in die eerste week in Julie by sy werk by Lemon Tree in Cullinan afgeneem


Adele Roberts het dié foto op 5 Julie by World’s View landgoed tussen Cullinan en Rayton geneem

Met 9 Julie se volmaan het Emma Koekemoer van Rayton gereed gesit om die maan in haar volle glorie af te neem soos die son al hoe dieper agter die horison verdwyn


Daar waar die son en die maan ondergaan . . . Nooitgedacht; Rayton
Foto: Reline Badenhorst


Diep winter by die Rietvleidam dien die kwynende sonnetjie bloot as ’n kleurtrosie teen die oewerkoue
Foto: Hermann Grobler


’n Troppie elande smelt saam met die vaal winterweiding by die Rietvlei-natuurreservaat
Foto: Hermann Grobler

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online