Jakkals in strik langs Boschkoppad PDF Print E-mail
News - Artikels
Monday, 24 July 2017 20:09
Untitled Document

Theus Badenhorst het ’n dooie jakkals in ’n strik langs die Boschkoppad gekry. Die strik was teen die grensheining oorkant hoewe 12 op Tweedracht.

Theus woon op Tierpoort en vertel dat hy op Sondag 9 Julie terug gekry het van sy kinders af toe hy die dooie dier teen die draad raakgesien het.

“Ek stop toe uit nuuskierigheid, want ek het gedink dit was ’n skaap se vel. Toe sien ons die strik om die agterpoot,” sê hy. Theus sê hy weet nie watter soort jakkals dit was nie en skat dat dit dalk ’n silwerjakkals kon wees.


Die dooie jakkals langs die grensdraad

Theus raai plot- en plaasbewoners aan om gereeld om hulle heinings te loop om te sien wat aangaan. “Dis goed vir die bewaring van kleinwild en kan ook misdaad voorkom. As almal dit doen sal ons baie veiliger ook wees, veral op die plotte en plase.”

“Ek maak ’n speletjie van observasie en kyk wat ek alles kan sien,” sê Theus. “Dit is nogal belonend.

Fietsryers en perderuiters is in die ideale posisie om te kyk en die inligting met bure of die gemeenskapsforums te deel. Jou selfoon en jou sintuie word wapens teen misdaad.”

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online