The first Gin & Kie festival will be held on 9 August from 10 am to 5 pm at Shokran Events Venue in Tierpoort. At the festival you can experience craft liquor with the focus on gin. Tickets are R150 for adults and children under 18 pay no entry fee. There will be live music, deli food stalls and secure parking. For more information, phone them at 082-335-5659.
~*~
Cullinan se inwoners is briesend oor baie klewerige plakkers wat op hulle straatligpale geplak word. Op die advertensieplakkers, wat glo onmoontlik is om van die paal af te trek, belowe die een of ander muti-man dat hy met geld wat stom is dit wat ongewens krom is sommer in ‘n japtrap reg en kiertsregop sal maak. Volgens een inwoner staan een ding soos ‘n paal bo water en dit is dat die wondergom wat die toordokter gebruik nuwe en blywende betekenis aan ‘op die paal’ wees, gee.
~*~
Chris Chameleon tree op 29 Julie van 6.30 nm tot laat by Thulani Plaasteater in Tierpoortweg, Tierpoort op. Kaartjies kos R250 en sluit ‘n driegang maaltyd in. Skakel 083-601-6126 of 012-940-0193 of stuur ‘n e-pos aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Vertonings by Cockpit Brewhouse in Oaklaan, Cullinan is as volg: 22 Julie – Kabaal klankbaan; 23 Julie – Valiant Swart; 29 Julie – Vagabond King; en 30 Julie – Pedro Barbosa. Skakel 012-734-0656.
~*~
Die volgende Windpomp Handwerkmark is op Saterdag 29 Julie by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Die mark is van 8 vm tot 2 nm. Bel Adele by 083-445-1608.
~*~
Oppi Plaas Basaar word op 26 Augustus van 8 vm tot 3 nm by die Premiermyn Hervormde Kerk, Cullinan gehou. Daar gaan speletjies vir oud en jonk wees, vetkoek, pannekoek, skaapkerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg en gebak, groente, ontbyt, tombola, skyfskiet en selfs ‘n melktert-kompetisie. Afval en skaapkop moet voor 31 Julie bestel word. Bel Alta by 082-682-1252 of Dina by 082-410-6823. Die kerk is in Zonderwaterweg, oorkant die landdroshof.
~*~
Sewe uiteenlopende vroue smee hulle energie saam om hulle indrukke van die tema ‘Bruidskat’ uit te beeld. Hulle fokus op daardie spesiale skatte wat ‘n meisie tradisioneel voorberei om saam met haar te neem in haar huwelik. Die groep vroue, Deirdre Botha, Nellien Brewer, Kim Gladwin, Lein Smuts, Mimi van der Merwe, Minitza van der Walt en Hetta Pieterse, bied, soms tong-in-die-kies, nuwe blikke op tradisionele Afrikaner-simbole. Die uitstalling is tot 27 Julie by die Tina Skukan Galery op plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen. Skakel 012-991-1733 of 083-653-6928.
~*~
Valleisig Gemeente hou op 26 Augustus vanaf 8 vm hulle jaarlikse ValleiPartei en KinderKarnaval. Daar gaan volop te ete en drinke wees en kraampies sluit handwerk, wit olifante en ’n plaasstal in. Die KinderKarnaval bied skyfskiet, boogskiet, ’n skattejag, ‘Amazing Race’ vir juniors en ‘Warrior Race’ vir seniors. Daar is ook ’n staproete vir jonk en oud, trompoppies en ’n veiling. Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 012-991-1542 op weeksdae van 8 vm tot 1 nm.
~*~
On 28 July Klitsgras Drumming presents ‘One Hot West African Night’ from 7 pm to 11 pm. Entertainment includes bands, dj’s, didgeridoo players, fire dancers and a drumming circle. Entrance is R50. Klitsgras is at plot 62, Tierpoort, out with Garstfontein Road. Phone Andries Bruyns: 083-311-0025.
~*~
Casper de Vries se nuutste vertoning, ‘Alive & Vrolik’, word op 3 Augustus om 8 nm by die Atterbury-teater opgevoer. Casper het in 2016 die ‘Comics Choice Lifetime Achiever’ toekenning ontvang. Die vertoning is hoofsaaklik in Afrikaans, maar Casper maak ook voorsiening vir sy nuwe aanhangers wat hy met ‘The Casper Radio Show’ op Cliff Central vermaak het. Die voorgestelde ouderdomsbeperking is 16 jaar. Kaartjies kos R150 tot R170. Die teater is op die hoek van Lynnwood- en Daventryweg, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
Steve Hofmeyr tree op 4 Augustus om 9 nm by Rafters op. Kaartjies kos R160. Rafters is op die hoek van Garstfonteinweg en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof. Skakel 071-610-2132.
~*~
If you are a dedicated banter, trying to cut out sugar and high carbs or just someone who strives to live a healthier lifestyle, the banting market at the Pretoria National Botanical Gardens will cater to your needs. Most products are grown, baked and processed by the stallholders. Take along a picnic blanket and enjoy good food under the trees. The market is held every first Saturday of the month at 2 Cussonia Avenue, Brummeria. Entrance is free through the gate at the end of the parking lot. Phone the organisers at 079-527-4902.
~*~
Tierpoorters het op Saterdag 1 Julie ‘n dag van twee-wiel aksie en waaghals-vertonings by Q4 Tierpoort Vulstasie saam met Le Riche racing meegemaak. Dit was ‘n familiedag met vermaak vir die hele gesin.
~*~
Belangstellendes in familie-geskiedenis kan solank begin uitsien na die tiende Genealogie- en Familie-erfenisfees op Saterdag 2 September. Die fees word georganiseer deur genealoog Isabel Groesbeek, die aanbieder van die genealogie-werkswinkel, ‘Van waar Gehasi’, sedert 2000. Vir meer inligting oor die fees, bel haar by 082-441-2325 of stuur ‘n e-pos aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
‘Knowing Me, Knowing You’ is the name of a show that focuses on some of the most influential power couples in the music world. Whether they stayed together or went their own way, their music has stood the test of time. The show runs from 3 August to 1 October at the Rockwood Theatre and starts at 8 pm from Thursdays to Saturdays and on 2 pm on Sundays. Tickets are between R120 and R180. The theatre is in Garstfontein Road, Moreletapark. Phone them at 012-368-1555. |