Wat ‘n verrassing PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 July 2017 19:55
Untitled Document

Alet Erasmus van Kleinfontein skryf:
Baie dankie vir die gebruik van my foto van die aalwyne wat so uitkyk oor die Boschkopvallei. Dit was voorwaar ‘n groot verrassing en ‘n voorreg.

Buiten vir die Alfa Romeo-liefde wat ek van my pa geërf het, was hy as argitek ook baie lief vir fotografie as stokperdjie. 

So het ek voorverlede jaar aangesluit by die fotografie-groep op bakkiesblad, ‘Tema fotografie’, waar ek my liefde vir dié stokperdjie begin uitleef het. Daarmee saam neem ek graag deel aan temas wat deur die Bronnie voorgestel word vir die lesersfotoblad. 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online