Mis my Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 July 2017 19:53
Untitled Document

Jannie de Beer skryf uit die Vrystaat:
Ons het onlangs Vrystaat toe getrek en ek mis my Bronnie verskriklik. Het julle nie dalk ‘n intekendiens nie?

Ons het Jannie laat weet dat ons wel ‘n intekendiens het vir lesers wat buite ons verspreidingsgebied woon. Dit is ongelukkig nie gratis nie. Jy kan ’n jaar se Bronbergers vooruit bestel teen slegs R305. Dit sluit die posgeld, koevert en hanteringsfooi in. Direkte oorbetalings kan gedoen word: Naam: Bronberger; Bank: Eerste Nasionale Bank; Tak: Olympus Plaza; Takkode: 258155; Rekeningnommer: 62035436056. Stuur ‘n bewys van elektroniese oorplasing of ‘n depositostrokie aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of faks dit aan 086-650-7860 saam met die volgende besonderhede: Naam waarheen tydskrif gepos moet word; posadres; telefoonnommer; en e-pos adres. – Red 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online