Lewens in gevaar PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 July 2017 19:52
Untitled Document

Keelvol van Rietfontein skryf:
Ek en my vrou is om rede ons werk en ons kinders se naskoolse aktiwiteite gedwing om gereeld die grondpaaie in die omgewing te ry. Dit sluit die tydelike pad om Cullinan, waar vragmotors verbied word, en die slegte, stowwerige Nooitgedachtpad in.

Ons is plattelanders en grondpad gewoond, maar iemand moet nou iets sê en iets doen aan ’n sekere vervoermaatskappy wat elke dag soos besetenes op hierdie paaie jaag. As jy met die bestuurders oor hulle roekeloosheid wil praat, word jy gevloek en lelike tekens gewys. Ook die eienaars van die vragmotors skel op ’n mens as jy wil kla.

Hoekom kan (naam weggelaat) maak net soos hulle wil en lewens in gevaar stel en niemand doen iets daaraan nie?

Die naam van die maatskappy is gemeld, maar word uitgelaat totdat kommentaar verkry kan word – Red

 

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online