Skootskapie spog met skaars geen PDF Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 27 June 2017 04:22
Untitled Document

‘n Skootskapie spandeer dié winter ewe knus op die De Wets van Bashewa se sitkamerbanke. Hy is glo ‘n baie rare lammetjie wat mildelik bederf word en deel is van die gesin.


Hannes de Wet met die gesin se skootskapie in die sitkamer

Eienaar Hannes de Wet verduidelik dat dié Île-de-France lammetjie met swart kolle gebore is, wat baie skaars is. Hannes sê die kolle is glo die gevolg van ‘n gesplete geen, wat die lammetjie anders as sy witwol-ouers laat lyk.


Patch kort ná sy geboorte in Mei

Die kolle is ook verantwoordelik vir dié klein rammetjie se naam, Patch. Hy is op 14 Mei op plot 242, Bashewa gebore en sy trotse pa se naam is Stephan. Hannes sê dat sy ma ongelukkig nooit ‘n naam gekry het nie.


Hannes saam met Patch by sy ma en pa, die ram genaamd Stephan

Île-de-France is ‘n skaapras wat sy oorsprong in die Franse streek, Île-de-France, naby Parys het. Die ras is vir die eerste keer in die 1830’s by ‘n Franse veeartsenykollege ontwikkel deur ‘n kruising van Dishley Leicester en Rambouillet en was aanvanklik as die Dishley Merino bekend. ’n Rasvereniging is in 1933 gevorm.


Patch weet darem dat hy ‘n lammetjie is

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online