Leserslens Junie 2017 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 27 June 2017 04:13
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.


Die son sak in die rantjieswêreld van Renosterspruit (Diamond Hill). Betty Holder het die foto van haar dogter Megan op ’n perd genaamd Rayan by ’n plaaslike ryskool geneem


Op 31 Mei het Esmé Meyer dié rankplant in haar agterplaas afgeneem en gesê dat “die winter nou kwaai aan herfs se hakskene begin byt”


Die Nooitgedachtpad teen sonsondergang, soos vasgevang deur Emma Koekemoer


Die winter se eerste ryp op Tierpoort
Foto: Karin Saffy


Hermann Grobler het dié foto van ’n sakkende son by Rayton afgeneem


Op ’n vreeslike stormagtige dag in die Kaap was dit een van die mooiste oggende in Cullinan, sê Johanè Janse van Rensburg. Sy het dié meneer op 7 Junie langs die pad by die Lewzene-plotte afgeneem


Gene de Lange sê dit het só gelyk toe hy een middag in Junie op sy Bashewa
hoewe weswaarts kyk . . .


Nes jy dink al jou eendjies is netjies in ’n ry, sal jy altyd daardie een kry wat sake bederf. Die span geelbekeende is deur Hermann Grobler by die Rietvleidam afgeneem


’n Slanghalsvoël sprei sy vlerke (en stert) na die wind om droog te word
Foto: Hermann Grobler


Charlie was net een dag oud toe John Potgieter die foto van ’n nuwe aankomeling in Mei op Zwavelpoort geneem het


Dié spoorlyn tussen Bronkhorstspruit en Balmoral bring vragte vol koue aan, meen Gene de Lang

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online