Jou hulp is dié winter nodig PDF Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 27 June 2017 04:11
Untitled Document

Jy kan dié winter help om die bibberweer vir minder-bevoorregtes warm te maak. Of dit nou is met ‘n kospakkie, warm serp en mus of broodnodige komberse, ons wys jou waar in ons kontrei jy ‘n bydrae kan lewer.

Cullinan/Rayton
Die Christelike-Maatskaplike Raad (CMR) is ‘n kinder en gesin welsynsorganisasie wat reeds langer as 35 jaar ‘n verskil in mense se lewens maak. Jy kan die Cullinan/Rayton-tak kontak by 012-734-8000, This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.cmroos.co.za.

Faerie Glen
Die Christelike-Maatskaplike Raad is een van die min welsynsorganisasies wat voedsel aan die gemeenskap verskaf. Jy kan by hulle PasellaPakkies-projek aansluit deur nie-bederfbare kos te neem na Quebecstraat 430, Faerie Glen. Bel vir Sandra Kruger by 012-361-4613/19.

Shere
Met NG Gemeente Tygerpoort se Winterhoop-projek word onbederfbare kos, klerasie en veral komberse ingesamel vanwaar dit in samewerking met die CMR onder minder-bevoorregtes uitgedeel word. Kontak die kerk by 012-809-0107, 012-809-0445l of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Zwavelpoort
Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) se reis het in 1983 met die Paul Jungnickelhuis vir volwassenes met gestremdhede begin. Al KWO se welsynsprojekte het oor die jare uit dié tuiste gegroei. Daar is die Kungwini Kinderhuis vir 20 tieners met intellektuele gestremdhede, die Kungwini Leersentrums waar kinders onderrig ontvang, en die Kungwini gemeenskapsprojekte waar ontwikkelings- en maatskaplike dienste gelewer word
KWO is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging, Zwavelpoort. Skakel 012-940-0221. Stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.kwo.org.za.

Rayton
Qumi-huis is ‘n Rayton-gebaseerde nie-winsgewende, nie-regeringsorganisasie wat versorging aan intellektueel-gestremde volwassenes bied en ook dagsorgsentrums vir sulke volwassenes bied. Qumi het in 2007 tot stand gekom en is in Naudestraat 2. Skakel 012-734-5242 of 071-609-1070, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.qumihomes.org.

Vaalbank
Warm kombersies vir honde en katte is altyd welkom by Wet Nose, ‘n reg-tot-lewe dierereddingsentrum, wat beteken dat elke dier liefdevol versorg word tot ‘n goeie huis gevind kan word, maak nie saak hoe lank dit neem nie. Hier is ’n veilige hawe vir perde, honde, katte en plaasdiere. Wet Nose is op plot 75, Vaalbank op die ou Bronkhorstspruitpad. Dit is ongeveer 6 km van die vierrigting stop kruising met die Cullinan/ Rayton-pad. Skakel 013-932-3941/2 of 082-677-8084, stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , of besoek www.wetnose.org.za.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online