Wie-is-ek in die winter? PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 June 2017 04:07
Untitled Document

In die hartjie van die winter het die Tierpoortse Seniorgroep ‘n Wie-is-ek temadag gehou. Hulle is op
7 Junie warm ontvang deur gasvrouens, Lene van Leeuwen en Noleen de Jager van Imperfect Perfection in Cheetahstraat.


Ella Losch bestudeer die naam op Joan Annadale se rug

Lene van Leeuwen oorhandig die verjaardagkoek aan Koos Theron

Met vier kaggels wat in elke hoek geknetter het en Amarulakoffie of warm sjokolade as verwelkoming, is daar knus gekuier, gespeel en gesels. Terwyl die gaste aan vars gebakte, warm broodrolletjies as voorgereg gesmul het, is daar name van bekende persone of diere op elkeen se rug geplak.


’n Warm kuier op ’n koue winterdag

Met vrae waarop slegs ‘Ja’ of ‘Nee’ geantwoord kon word, moes hulle deur die saal beweeg om vas te stel welke personalia hulle verteenwoordig. Dit het vir groot pret en baie gelag gesorg. Lenie Celliers as Elvis Presley het die eerste prys verower.


Van links na regs Yvette Steyn, Rina Bekker en gasvrou Noleen de Jager by die Amarulakoffie

Bobotie met geelrys
.

Nog ’n verrassing was ’n pragtige koek wat die gasvrouens in ’n rekordtyd vir Koos Theron se 89ste verjaardag versier het.


Johan Schorr ontvang ’n sjokolade as prys by Lizz Adams, met sy vrou Maureen in die agtergrond

Seniors kon smul aan bobotie, geelrys en sambals met ’n outydse bruin kluitjiesnagereg.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online