Krieketklub deel trofeë uit PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 June 2017 04:06
Untitled Document

Cullinan se Diamantmyn Krieketklub het sy jaarfunksie op 10 Junie by die Cullinanse sportgronde gehou.


Van links na regs, voor: Vincent Setai – toegewyde speler van die jaar;  Frikkie Manser – derde span, beste kolwer; Ruan Jansen van Vuuren – tweede span, spanspeler; Marius Carnie – tweede span, beste kolwer; Raymond Kruger – derde span, beste bouler. Agter: Ashton Swartbooi – eerste span, beste bouler; Vincent Vermeulen – junior afrigter; Nathan Manser – beste junior/senior speler; George Neuhoff – derde span, spanspeler; Anton Prinsloo – eerste span, spanspeler; Vernon Cope – klubkaptein 2016/2017; Kenny Roth – eerste span, alomspeler; Dawie Badenhorst – Spelers se speler van 2016/2017; en Tyron van den Bergh – tweede span, beste bouler

Die spanne het as volg in die liga geëindig: Eerste span, derde uit 10 spanne, derde liga; Tweede span, vierde uit 12 spanne, vyfde liga; Derde span, sewende uit 12 spanne, sesde liga; Onder nege, eerste uit 10 spanne, silwer liga; Onder 11, agtste uit 16 spanne, silwer liga; Onder 13, vyfde uit 12 spanne, silwer liga; en Onder 15, vyfde uit nege spanne, goue liga.


Vincent Vermeulen, links, ontvang die junior onder nege provinsiale ligawenners-trofee vanaf Titans by Dawie Badenhorst, voorsitter
.
.

George Neuhoff, links, oorhandig die eerste prys sertifikaat – goeie bestuur, finansies en administrasie van die krieketklub – aan klubvoorsitter, Dawie Badenhorst. Dit is die eerste keer in die klub se bestaan dat die sertifikaat aan die klub oorhandig is

Die vooruitsigte vir die 2017/2018 seisoen sluit vier senior-spanne, vier junior-spanne en een vrouespan in.


Die klub hou jaarliks ’n nagliga. Dié sosiale eindstryd is deur die Mighty Ducks van Rayton gewen. Vincent Vermeulen as spankaptein ontvang die wisseltrofee vanaf Dawie Badenhorst

Mense wat volgende seisoen by die krieketklub wil inskakel kan Dawie Badenhorst kontak by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of Vernon Cope by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it


Die klub se eindstryd is deur Halfway 4 Ladies (Tuks) gewen  

 

 



 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online