Zwavelpoorter hou sy lyf kaper PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 February 2009 21:27
Untitled Document

Die kapingsdrama wat op Maandag 26 Januarie in Lynnwoodweg-verlenging afgespeel het, was die werk van ’n Zwavelpoortinwoner.

Volgens bure bly die 26-jarige vermeende kaper in die informele nedersetting langs die Zwavelpoortteerpad. Taxibestuurder Elias Phale, het amper sy lewe verloor toe hy langs Lynnwoodweg-verlenging gestop het om te sien wat sy buurman met ’n vuurwapen langs die pad maak.

Inwoners het die Boschkop-polisie omstreeks 1 nm laat weet dat ’n man met ’n vuurwapen in Lynnwoodweg naby die Boschkopafdraai rondloop en probeer voertuie kaap.

Toe Elias opdaag het die man die wapen op Elias gerig en wou sy motor kaap. Die polisie het knap daarna opdaag. Die man het drie skote afgevuur, in die proses die taxi raakgeskiet, en sy wapen op die polisie gerig. Die polisie het op die man geskiet en hom in die been en maag getref. Hy is in Kalafonghospitaal opgeneem.


Die informele nedersetting langs die Zwavelpoortteerpad

Die kapingsdrama het ’n verkeersopeenhoping in Lynnwoodweg veroorsaak en lede van die Zwavelpoort inwonersvereniging het die verkeer tussen Bafana Kafee en die Boschkop-afdraai gereguleer.

Die SMS-gerugte van ’n kaping en gyselaarsdrama by Bafana was nie waar nie.

Volgens bronne het die vermeende kaper ’n vete met sy vriendin/vrou gehad. Hy het blykbaar iewers ingebreek en ’n vuurwapen in die hande gekry. Hy is daarmee na die East Ridge Building Supply winkelsentrum by die Boschkop-afdraai waar hy na bewering die vrou gedreig het.

Hy is blykbaar daar weg in ’n rooi Nissan Langley en het naby plot 183 van die pad getrek waar Elias hom gekry het.

 

© 2019 Die/The Bronberger