Besig-bly is Gerty se geheim PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 27 June 2017 04:01
Untitled Document

Gerty Fourie het op 28 Mei 96 jaar oud geword. Dié spesiale verjaardag is by verskeie geleenthede gevier, soos die oggendtee saam met vriende wat sy 51 jaar lank ken. 


Gerty Fourie

Gerty is ’n ou bekende van die Rayton-Cullinan-omgewing en woon die afgelope paar jaar in Hazeldean. Sy doen naaldwerk, hou baie van lees en om blokkiesraaisels te voltooi. 

Haar antwoord op wat sy doen om nog so gesond en op en wakker te wees is: “Bly besig en moenie sit en niks doen nie.”


Gerty op haar verjaardag saam met vriende. Van links na regs, voor: Hannetjie Bester, Gerty Fourie
en Kiewiet Venter. Agter: Sakkie en Ellen van Staden, Gertina en Henk Viljoen en Pieter Venter

Gerty het nege kinders, 22 kleinkinders en 28 agterkleinkinders wat geseënd is om haar as ’n ma, skoonma, ouma en oumagrootjie te kan hê.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online