Het jy gehoor? / Have you heard? - Jun2017 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 27 June 2017 03:59
Untitled Document


Kleinfontein hou op 1 Julie ‘n Wildsfees. Die dag begin om 7.30 vm met koffie en pannekoek. Perderitte begin om 8 vm en ‘n pretdraf of -stap om 8.30 vm. Teen 9 vm is daar ‘n veiling en die vlooimark-kraampies maak om 10 vm oop. Musikante Eddie Bekker, Freddie Spires, Bianca Goosen, Hyne en Elaine Bauscher tree vanaf 11 vm op. Middagete, met keuses vanaf vlakvark op ‘n spit tot ‘n wildspot en wildspastei, is 1 nm en kos R120. Die potjiekoskompetisiewenners word daarná aangekondig. Mense moet hulle eie eetgerei en borde saamneem en die etekaartjies kan vooraf bespreek word by Michelle Berrington: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 083-570-2117.

~*~


Vince van ‘7de Laan’ – die akteur Jacques Blignaut – kuier op 24 Junie by die Windpomp Handwerkmark. Die mark is van 8 vm tot 2 nm, maar Jacques is net daar van 10 vm tot 12 uur. Die mark is by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Die eerste Cullinan-wynproeroete word op Saterdag 1 Julie vanaf 10 vm tot 4 nm aangebied. Die roete bied wyn van 15 wynkelders by sewe verskillende kuierplekke in dié dorpie. ‘n Wynproekaartjie kos R100 tot R150. As jy die roete met die Pers-partytjiebus wil bywoon, kos dit R350, wat die rit vanaf Pretoria met wynproe en peuselhappies op die bus ook insluit. Die Safari-wyn-aandete om 6 nm kos R420 ‘n persoon en sluit ‘n driegang maaltyd en wyn by drie verskillende kuierplekke in. Skakel 083-646-3686.

~*~


Dewald Wasserfall tree op 1 Julie om 1 nm op by Amatola, plot 194, Bashewa. Kaartjies kos R120. Vir meer inligting, bel Marlize by 073-936-6446.

~*~


Nog ’n Babalela-avontuur – met ’n belangrike boodskap oor natuurbewaring en die krag van vriende wat saamspan – word op 3 Julie om 11 vm by Atterbury-teater aangebied. In die nuutste Babalela-avontuur maak Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, ’n plan om hulle geliefde bos teen ‘n reuse-stootskraper se aanslag te beskerm. Die teater is op die hoek van Lynnwoodweg en Daventryweg, Lynnwood. Besprekings kan gemaak word by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-572-2408.

~*~


Dan Patlansky released his eighth studio album, ‘Introvertigo’, in May and is performing his new work at the Barnyard Theatre on 5 July at 8 pm. The word ‘introvertigo means “the dizziness and disorientation felt by an introvert after spending more than five minutes with an extrovert”.  Dan says that the concept behind the album is very much about his own insecurities; about being an introvert in the music industry. Fans can expect a unique brand of Blues Rock born out of guitar playing while striving for strong songwriting. Tickets are R150 per person. The theatre is on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreleta Park. Phone them at 012-368-1555.

~*~


‘n Uitstalling van figuursketse en -skilderye deur Carl Jeppe en die kunstenaars wat naweke by hom bymekaarkom om dié sketse te maak, is tot 29 Junie aan by die Tina Skukan Kunsgalery op plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen. Skakel 012-991-1733 of 083-653-6928.

~*~


Mem’re in Cullinan hou elke eerste Saterdag van die maand ‘n boeremark om plaaslike boere te ondersteun. Die mark is van 8 vm tot 12 uur. Mem’re is in Oaklaan 140.  Bel Sue by 076-250-9588 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Jenny Reyneke hou van 24 Junie tot 8 Julie ‘n uitstalling, ‘Visitation, the owl studies’, by die Johann van Heerden Kunsgalery in Olympus. Dit word gevolg deur ‘n Christene le Roux-uitstalling van 1 tot 15 Julie. Woodlands-gebaseerde kunstenaar, Johan Marais, stal daar uit van 15 tot 29 Julie. Die galery is op die hoek van Olympusrylaan en Atterburyweg. Vir meer inligting, bel Johann by 082-445-3917 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Great Gatsby Partyfest Synergy is held on 18 July at Madison Avenue in The Willows from
8 pm onwards. This is the first season of the Partyfest and competing teams each has one night to host the social event of the year with their chosen movie theme. There will be two dance floors, playing different genres of music inside the venue with a video and camera crew. The main dance floor will feature oldies as usual and the glass box features hip hop and alternative. Pre-sale tickets are R10. Entrance at the door is R20 for students and R30 for the public. The venue is at 2 Ernies Place, The Willows.

~*~


Jack Parow en F*kofpolisiekar het kragte gekombineer met Warner Bros, Ster Kinekor en toernooi-aanbieders, ACGL, om ‘n musiek-en-spel ekstravaganza op 8 Julie in Zwavelpoort aan te bied. By dié amptelike Injustice™ Suid-Afrikaanse Kampioenskapsreeks se finale rondte kan jy gaan kyk hoe top eSport-spelers meeding vir hulle deel van R60 000 kontant. Jack Parow en Francois van Coke gaan teen mekaar meeding. Die seremoniemeester is Rob Forbes van 5FM. Die deure open om
7 nm. Die finale rondte word om 8 nm gespeel en daarna tree die kunstenaars op. Toegang is R150. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad. Skakel 071-471-6698.

~*~


Spoegwolf  tree op 8 Julie om 8 nm by Atterbury-teater op. Dié Afrikaanse musiekgroep van die Paarl se treffers strek van ‘Loerie’, ‘Lenie Blou’ en ‘Bittermaan’ tot ‘Somerset Wes’. Die kunstenaars is Danie du Toit, Chris von Wielligh, Moskou du Toit en Albert van der Merwe. Kaartjies kos R180. Die teater is op die hoek van Lynnwoodweg en Daventryweg, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


Willie Jacobs se solo-uitstalling, ‘n Fees van Lig, is van 7 Julie tot 2 Augustus by ArtBox Galery; Skilpadweg 86; Monumentpark. Portrette gedoen deur Willie in olie, pastel en houtskool verskyn in die versamelings van universitiete, ambassades en in die raadskamers van maatskappye in Suid-Afrika, Australië, België, Dubaai, Israel, die Nederlande, Verenigde Koninkryk en VSA. Sy uitstalling gaan oor lig en die effek van lig op die menslike gesig en ander voorwerpe waarop dit val. Bel Etienne van Zyl by 083-384-2402.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online