Spertyd vir voorbrande PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 27 June 2017 03:55
Untitled Document

Die afsnydatum om voorbrande op jou grond onder beheer van die Welbekendse Brandbestryding-vereniging (WBBV) te maak is 30 Junie. Voorbrande mag net voor 10 vm of na 3 nm gemaak word indien daar geen wind is nie.

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande sien jou outomaties as skuldig tot jy onskuldig bewys word as ‘n veldbrand oor jou grond beweeg. Dit maak nie eers saak of die brand op jou grond begin het of nie.

Grondeienaars wat lid is van ’n brandbestryding-vereniging, wat onder die Brandwet by die Department van Landbou, Bosbou en Visserye gestig is, word egter as onskuldig beskou tot daar met redelike sekerheid in ’n siviele saak bewys is dat hulle nalatig was. 


Die brand verlede jaar by Rietvlei Natuurreservaat
Foto: Riaan Marais

Die WBBV dek rofweg die bedieningsgebiede van die volgende polisiestasies: Boschkop, Bronkhorstspruit-suid en Welbekend. Die vereniging se brandbestuurspan is: Voorsitter: Walter Schilling, 076-855-4112; brandoffisier: Herman van Zyl, 082-421-8043; en ondervoorsitter en finansies: Nic Woodrow, 082-924-4259. Die sekretaresse is Dunjasja Bourne, 083-769-0949.

Brandhoofde van die verskillende wyke wat om hulp en inligting gekontak kan word is:
Wyk 2: Yzervarkfontein en Klipspruit: Japie Visagie, 083-611-8404.
Wyk 3: Boschkop en Klipspruit: Ian Wallace, 083-290-6044.
Wyk 31: Boschkop: Hendrik Smit, 082-742-4322.
Wyk 4: Witpoort en Kameelzynkraal: Chris Nel, 083-704-4106.
Wyk 41: Onbekend: Chris Nel, 083-704-4106.
Wyk 5: Knoppiesfontein: Herman Van Zyl, 082-421-8043.
Wyk 6: Bashewa, Tierpoort, Grootfontein en Rietvlei View: Piet van der Merwe, 082-888-1358.
Wyk 6.1: Bashewa radiogroep en The Hills: Hannes De Wet, 082-551-6015.
Wyk 6.3 Tierpoort: Sandra, 082-592-8949.
Wyk 62: Klipkop: Andre Johnson, 082-592-8949.
Wyk 8 en 8.1: Vaalbank: Walter Schilling, 076-855-4112.
Wyk 9: Mooiplaats, Zwavelpoort en Tierpoort: Nic Woodrow, 082-924-4259.
Wyk 9.1: Donkerhoek en Kleinfontein: Nic Woodrow, 082-924-4259.
Wyk 9.2: Klipkop Bewarea: Roy Adcock, 079-489-1243 of 063-175-5219.
Wyk 9.3: Boschkop (Mooiplaats): Richard van Zyl, 082-431-9569.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online