Neem grafte af PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 27 June 2017 03:47
Untitled Document

Ria Pieterse van Kleinfontein-plaas skryf:
Ek wil ’n vreemde versoek rig aan mense wat, soos ons, baie deur die land reis: Neem asseblief grafte af wat u padlangs vind – veral afgeleë langs grondpaaie en op plase.

Stuur die foto’s na die eGGSA se graftebiblioteek (www.eggsa.org) na Riana du Toit-le Roux. Sy is ook op Facebook. Voeg ook die GPS koördinate of die plek waar u dit gevind het daarby. So word familiegrafte opgespoor en bewaar in argiewe vir die nageslag.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online