Huur met diere PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 27 June 2017 03:46
Untitled Document

Aldie Pieterse van Pretoria-Oos skryf:
Ons het ons eiendom twee jaar gelede verkoop en is van toe af afhanklik van huurhuise, totdat ons weer iets gepas van ons eie kan aankoop.

Die probleem waarmee ons sit is dat dit amper onmoontlik geword het om plekke te huur waar troeteldiere toegelaat word. Verhuurders verwag dat ons van ons diere ‘ontslae moet raak’ voor ons kan huur.

Dit is soos om van iemand te verwag om van sy kinders ‘ontslae te raak’ voor daar vir jou plek gemaak kan word.

Ek wil net vir daardie verhuurders sê dat die meeste mense wat lief is vir diere en met liefde na hulle troeteldiere kyk, ook mooi na die plek waarin hulle woon, sal kyk.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online