Kry veldbestuur onder die knie PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 February 2009 19:19
Untitled Document

’n Veldbestuurkursus word op Saterdag 14 Maart en Dinsdag 17 Maart by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin aangebied.

Die kursus fokus daarop om die basiese beginsels en praktyke wat onmisbaar is in behoorlike veldbestuur, aan studente oor te dra. Dit sluit ’n geïllustreerde praatjie in oor ekologiese beginsels wat verstaan behoort te word in veldbestuur.

Daar is ook ’n praktiese sessie, waar opleiding fokus op die evaluasie van veldkondisie en bepaling van weidingskapasiteit in ’n bosveld-gebied.

Die kursus kos R350 per persoon. Om te bespreek, bel vir Fritz van Oudtshoorn by 083-367-5693 of stuur vir hom ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger