Fantastiese tydskrif PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 27 June 2017 03:46
Untitled Document

JP Hunt van Rayton skryf:
‘n Paar maande gelede het Die Bronberger ‘n berig oor die feit dat my woonadres 1,3 kilometer weg is van my woning, gepubliseer.

Na heelwat hulpvaardige diens van die personeel van Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning is daar ’n bevestiging van address uitgereik, wat strook met die ligging van my huis. Dankie aan die personeel van die genoemde afdeling.

Ek glo dat die artikel in Die Bronberger gehelp het en ek wil hiermee my dank uitspreek teenoor Die Bronberger. Dankie!

Naskrif: My eggenoot is werksaam by ’n praktyk in Pretoria en sy het Die Bronberger eendag ’n paar jaar terug vir een van die vennote, wat baie natuurbewus is, gewys en hierdie eksemplaar het die hele firma deur geswerf. Daar is selfs lede wat geskiedenis studeer, waarvan niemand eers geweet het nie, en die artikels oor die geskiedenis van die gebied is waardevol vir hulle.

Baie dankie vir ‘n fantastiese tydskrif.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online