Plaasskool vier 113e verjaardag PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 29 May 2017 14:13
Untitled Document

Laerskool Witpoort het op 12 Mei sy 113e verjaardag gevier en roem op die feit dat die skool vandag steeds Afrikaans en Christelik is soos dit oorspronklik in 1904 gestig is.


Van die ou notules wat mooi herinneringe terug gebring het

Oud-beheerliggaamlede, oud-voorsitters en die enigste oorlewende oud-hoof was daar om die skool se mylpaal te vier. Daar is geëet en gekuier en die voorlopers is bedank vir die aandeel wat hulle in die skool se behoud gehad het.


Laerskool Witpoort se 1919 leerlinge

Die ou notules is weer nader getrek en daar is lekker gelag oor inskrywings, soos toe die skool in 1949 in oestyd gesluit is omdat die kinders moes help om die oes in te samel.


‘n Paar van die oud-beheerliggaamvoorsitters saam met die huidige en vorige skoolhoof.
Van links na regs: Ignatius Cronje, voorsitter, Michael Combrink, skoolhoof, Dries Venter, Jaco Opperman, Marius Botha en Awie Bezuidenhout, vorige skoolhoof
Foto’s: Laurette van der Vyver

Die skool het oor die afgelope eeu die 1914 Rebellie, die Groot Griep van 1918, die 1933 Depressie en die onlangse leegloop van plaasskooltjies oorleef.


Daar is geëet, gedrink en fees gevier. Die rose is deur Frikkie Combrink, eienaar van Tokoza Rose en ouer by die skool, geskenk


Gades van vorige en vandag se beheerliggaamlede, voorsitters en skoolhoofde het elk ‘n bos Witpoort-rose gekry, wat spesiaal deur Frikkie Combrink vir die skool gekweek is. Van links na regs: Amelda Basson, Nelia Opperman, Elsie van Aardt, Natasha Jordaan, Elize Grabie, Laurette van der Vyver, Anita Botha, Marlet Cronjé, Noleen de Jager, Laetitia Venter en Rita Bezuidenhout

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online