Cullinan-kuns lok groot name Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 23 February 2009 21:09
Untitled Document

Elsabé Maré
Cullinan se kunsvereniging lok groot name ‘Rec Club’ toe. Op 6 Februarie het Johann Botha van 50/50 faam die uitstalling met die tema ‘planeet aarde’ geopen. Hy het gesê dat die aarde ’n krisis beleef omdat die aarde oorheers word deur die mens en die mens nie gekeer word nie.

Ongeveer 30 kunstenaars het uitgestal. Die kunstenaars het hulle werk te koop aangebied en gaste kon na die tyd met hulle gesels. Verskeie items is verkoop en volgens die voorsitter van die kunsvereniging, Edith Schmidt, was die aand ’n groot sukses en goed bygewoon deur die publiek.


Jong kunstenaars, Shan Grobler, regs, Janke Steenkamp, middel, en Bianca Grobler, links, wys hulle belangstelling

“Om die funksie in die geskiedkundige ‘Rec Club’ te hou maak geskiedenis” sê sy. “Die pragtige sandsteen gebou dateer uit 1912 en het soveel sentimentele waarde vir al die inwoners van Cullinan en hier smelt dit saam met die stigting van ’n kunsvereniging en sy aktiwiteite uit eie bodem.”

Die ‘Rec Club’ is deur die jare gebruik as ’n biblioteek, skool, hospitaal in oorlogsjare en vir opvoerings, films en afskeidfunksies. Dit spog ook met die muurpanele wat die kunstige Italiaanse krygsgevangenes gekopieer het.

Afbeeldings van die werke van WH Coetzer en Erich Mayer is hier te sien. Dit beeld onder andere die Uniegebou in Pretoria, ’n Voortrekkertoneel en die Britse Parlementshuis uit.

Die volgende uitstalling is van 15 Maart tot 30 April.


Johann Botha van 50/50 faam in gesprek met gaste voor hy die tweede uitstalling van die Cullinan Kunsvereniging open

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger