Eisteddfod aangebied PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 29 May 2017 14:09
Untitled Document

Die Pretoria Eisteddfod is van 9 tot 11 Mei by Laerskool Tygerpoort aangebied. Meer as vyftig kore, van preprimêr tot hoërskoolkore het deelgeneem en die personeel van Tygerpoort het as gashere van die funksie opgetree. 

Die beoordelaars was die bekende Gisela de Villiers en Bragi Thor Valsson. Musica, die verskaffers van instrumente en bladmusiek, het die prysgeld vir die verskillende afdelings geborg. 


Tygieland se koor by die Eisteddfod

Drie Tygie-kore het deelgeneem. Tygieland, die preprimêre koor, het as die afdelingswenners met die louere weggestap. Hulle het ’n A+ verwerf en prysgeld van R1 000. Die juniorkoor, graad een tot drie, het in ’n groot afdeling deelgeneem en ’n B+ verwerf.  Die seniorkoor het ’n A+ verwerf en tweede in die kategorie geëindig. 

Die seniorkoor neem ook deel aan die landswye koorkompetisie, ‘Applous’, wat deur die ATKV aangebied word.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online