Witties kan spel PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 29 May 2017 14:08
Untitled Document

Kaalvoetskoolkinders kan in Engels spel. Laerskool Witpoort het op 3 Mei hulle Engelse ‘Spelling Bee’ aangebied en die graad viers tot graad sewes het deelgeneem. Die wenner in elke graad is beloon met ‘n boekprys en die eerste drie plekke het elk ‘n medalje ontvang.


Graad vier wenners: Van links na regs: Elise Cloete, derde, Anja Maranta, eerste, en Riané Muller tweede

Graad ses wenners: Van links na regs: Carli van den Bosch, derde, Dané Robertse, eerste, Monica Marais, tweede

Mike de Klerk het die spelwoorde aan die kinders gevra terwyl juffrouens Anita Botha en Elzette Myburg fyn moes luister of woorde reg of verkeerd gespel word. Die kompetisie was hoog, veral in graad vier en graad ses waar ‘n volgende stel woorde gebruik moes word om die wenner te bepaal.


Graad vyf wenners: Van links na regs: Elri Becker, derde, Jacques Ferreira, eerste, Isak Cloete, tweede

Graad sewe wenners: Van links na regs: Gerhard van Wyk, derde, Nikki Hopper, eerste, Elmi van Aardt, tweede
 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online