Feesgangers in die wolke by Cullifest PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 29 May 2017 14:07
Untitled Document

Die 17e Cullifest is die langnaweek van 29 April tot 1 Mei in Cullinan gehou. Feesgangers wat die uitgebreide pretpark op die proef gestel het was letterlik in die wolke. Swaaie, rondomtalies en mallemeules het groot en klein in die lug laat tol en ‘n arendsoog op verrigtinge gegee.


Die fees was op die NG Kerk Premiermyn se groot terrein in Zonderwaterweg, Cullinan

By die opelug musiek-verhoog het bekendes soos Steve Hofmeyr, Lianie May, Pieter Smith, Jakkie Louw, Dewald Wasserfall en Heinz Winkler opgetree. Daar was toneelstukke in die teater deur Lizz Meiring en Ben Kruger, ‘n verskeidenheid kunsmark-kraampies en volop eetgoed.


Daar was ‘n verskeidenheid kraampies

Die fokus van die fees was plaaslike proteaboer, Japie van Staden, se uitsonderlike proteas.


‘n Mens moes senuwees van staal hê om in dié mallemeule-agtige kontrepsie rondgeswaai te word

Verskillende soorte blomme is uitgestal, te koop aangebied en het gepronk op die kuiertafels in die bier- en wyntente.


Die fokus was op plaaslike proteaboer, Japie van Staden, se blomme

Feesgangers kon smul aan tradisionele eetgoed soos vetkoek, kerrie en rys, pannekoek, melkkos, pap en kaiings, poedings en ook worsbroodjies en hamburgers. 


Daar is lekker in die bier- en wyntente gekuier
.

Selfs grootmense het die kans gebruik om te swaai

Die fees is deur ‘n groot aantal besoekers ondersteun

Groot en klein het by die pretpark in die lug rondgetol
.

 

 

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online