Slaggate sneuwel in Shere PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 29 May 2017 14:06
Untitled Document

AfriForum het meer as R160 000 spandeer aan die regmaak van slaggate in die pad wat voor die NG Gemeente Tygerpoort en Laerskool Tygerpoort in Shere verbyloop. Die herstelwerk is die week van 8 tot 12 Mei gedoen.


Foto’s: Verskaf

Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, sê inwoners nader AfriForum soms om diensteprobleme op te los.

“Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en ons sal dit met die Tshwane-metro opneem.”

Lambert sê dié sal ’n deurlopende projek wees en dat hulle vanjaar derglike projekte gaan aanpak.

“Ek moedig nog skole en inwoners aan om swak dienslewering aan te meld sodat ons die projekte kan aanpak,” sê hy.

Raak betrokke deur ‘Slaggat’ na 45351 te SMS (R1).

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online