Morsjors loop rieme styf PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 29 May 2017 14:06
Untitled Document

’n Rommelstorter het sy rieme verlede maand op Zwavelpoort styfgeloop toe hy deur ’n lid van die gemeenskap, Ivan Gomm, op heterdaad betrap is.

Ivan het die man gedwing om sy gemors in die veld langs die teerpad weer op te tel en terug te laai in sy kar se kattebak.


Op heterdaad betrap

Die voorval het op Lynnwoodweg-verlenging oorkant Riverside Castle gebeur.

Volgens Ivan was die morsjors se verskoning dat dit te gevaarlik is om rommel by die munisipale stortingsterrein af te laai.


Die rommelstorter besig om sy gemors op te tel

Die man was glo baie omgekrap toe Ivan hom vra of hy daarvan sal hou as Ivan sy gemors voor die man se stadserf gaan afgooi. Hy wou weet of dit Ivan se grond is, waarop Ivan geantwoord het dat dit nie is nie, maar dat hy deel is van ’n gemeenskap en ‘hier gee ons om wat gebeur’.

Nadat Ivan seker gemaak het hy tel al sy gemors op, is die storter vort en Ivan meen hy het seker ’n veiliger onwettige stortplek gaan soek.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online