’n Poskoets is mos iets wat deur
perde getrek word. Verbeel jou
nou wat Pretorianers van die laat
1800’s se reaksie was toe die bekende
Zeederberg poskoets een mooi
dag agter ’n span sebras op Kerkplein
opdaag.
Die klok wat seremonieel gelui is as
die poskoets aanland, het waarskynlik
meer mense as net diegene wat
’n brief verwag het, nadergelok.
In haar Pretoria geselsbrief, skryf
Rosa Swanepoel dat perdesiekte ’n
groot probleem was in die destydse
Zuid-Afrikaanse Republiek. Die firma
Green & Erasmus het in Julie 1876
die kontrak gekry om pos in die
Republiek te vervoer en hulle het
gebruik gemaak van Cob & Co se
koetse. Minder as ’n jaar later berig
De Volksstem egter dat dié firma
70 perde verloor het weens perdesiekte.
Nuwe perde is aangekoop en
in September berig De Volksstem
dat ’n nuwe poskontrak aan Green
& Erasmus toegeken is.
Geen wonder die Zeederberg broers
het probeer sebras inspan as trekdiere
vir hul poskoetse nie. Blykbaar
het die eksperiment nie op die lange
duur geslaag nie, omdat die sebras
nie so beheerbaar soos perde was
nie.
Dié foto van die Zeederberg Poskoets met sy span sebras is in die ?Lantern? van Junie 1983 gepubliseer
Elande
Alois Hugo Nellmapius, vriend van
Paul Kruger en sakeman wat Irene
tot stand gebring het, het ook
probeer om sebras en selfs ook
elande in te span as trekdiere.
Blykbaar was die elande ’n groter
sukses.
Dit wil voorkom asof selfs buffels
gebruik is vir vervoer. Rosa skryf dat
sy op ’n interessante stukkie geskiedenis
afgekom het in die Staats
Almanak van 1899. Onder die Departement
van die Kommissaris van
Polisie van Pietersburg en Klein
Letaba was daar een “Zwarte
Voetpolitie te Buffels”.
Waar ’n polisieman op ’n buffel se
rug ’n rare gesig sou wees, was die
gebruik van sebras om koetse te
trek daardie jare nie so ongewoon
nie. Sebras is reeds in 1874 in Parys,
Frankryk as trekdiere gebruik. In
Engeland het die diereversamelaar,
Lord Rothschild, gereeld deur
London gery met sy befaamde
sebra-koets.
In 1907 het Rosendo Ribeiro, die
eerste dokter in Nairobi, Kenia, huisbesoek
op ’n sebra gedoen. In die mid-1800’s het Goewerneur George
Grey sebras na Nieu Seeland uitgevoer
vanaf sy vorige pos in Suid-
Afrika. Hy het dié sebras gebruik om
sy koets te trek op Kawau, ’n eiland
wat aan hom behoort het.
Eclyse, die wêreld se bekendste ?hebra?
Inbreek
Kaptein Horace Hayes het in 1891 ’n
volwasse bergsebra-hings binne
twee dae ingebreek. Dié hings was
blykbaar so mak dat selfs Kaptein
Hayes se vrou op hom gery het en
gereeld op hom afgeneem is.
In 1893 verduidelik hy hoe moeilik
of maklik verskillende rasse sebras
ingebreek kan word in ‘Points of the
Horse’. Hy sê dat Burchell se sebra
die maklikste is om in te breek en
beskou dié sebras as ideale rydiere
omdat hulle immuun is teen die byt
van die tsetsevlieg. Hy noem ook
dat die kwagga maklik ingebreek en
gewoond gemaak kan word aan ’n
saal en toom.
Selfs in ons eie omgewing is daar ’n
mak sebra wat gery word. In Mei
2003 het Die Bronberger vertel hoe
Lila Oechler dit reggekry het om
Nyamazan, toe ’n vier-jaar oue
Burchell sebra, mak te maak. Hy word gelanseer, het vinnig leer
spring en klim sonder probleme in ’n
perdewaentjie om vervoer te word.
In die laat 1800’s moes sebras egter
nie net ingebreek word nie – hulle
moes hard werk as trekdiere.
Omdat sebras geneig is om paniekerig
te raak onder druk, het mense
begin om sebras met perde en
donkies te kruis.
Dié kruisings vind vandag steeds in
sentrale Kenia plaas en die diere
word gebruik om deur die Keniabergreeks
te trek.
Lord Rothschild neem ?n enkele sebra deur London se strate
Kruis
Volgens kenners word die kruising
van ’n sebra met ’n perd, ponie of
donkie, ’n ‘zebroid’ genoem. Daar is
egter fyner onderskeide te tref:
Volgens Wikipedia is ’n ‘zorse’ ’n
kruising tussen ’n sebra-hings en
’n perd-merrie. Die kruising tussen
’n sebra-merrie en perd-hings word
’n ‘hebra’ genoem. ’n ‘Zedonk’ is ’n
kruising tussen ’n sebra-hings en
donkie-merrie. ’n ‘Zonkey’ is die
kruising tussen ’n sebra-merrie en ’n
donkie-hings. Blykbaar word
‘zedonks’ soms in dieretuine geteel
omdat hulle baie soos die uitgestorwe
kwagga lyk. Net soos die muil, is
al dié kruisings steriel.
Daar is baie voorbeelde van dié
kruisings dwarsdeur die geskiedenis.
In 1815 het Lord Morton ’n kwaggahings
met ’n vos Arabier-merrie
gekruis. Romulus is die naam van
die ‘zorse’ wat in die 1890’s geteel is
deur James Cossar Ewart. Hy het
ook ’n Arabier-merrie gebruik.
Soortgelyke eksperiment is uitgevoer
deur die Amerikaanse regering
en die resultate het verskyn in
‘Genetics in Relation to Agriculture’
deur EB Babcock en RE Clausen en
in ‘The Science of Life’ deur HG
Wells, J Huxley en GP Wells.
?n Mak sebra in Oos-Afrika
Weerstand
In die 1970’s is ‘zedonks’ geteel by
die Colchester Dieretuin in Engeland
om trekdiere te bied met ’n merkwaardige
weerstand teen siektes.
’n ‘New York Times’ berig van
16 Junie 1973 noem dat ’n kruising
tussen ’n sebra en donkie by die
Jerusalem dieretuin gebore is. Hulle
het hom ’n ‘hamzab’ genoem.
’n ‘Zony’ genaamd Zetland is in 2001
in Cumbria, Engeland gebore nadat
’n sebra in ’n kamp gelaat is by ’n
Shetland-ponie.
In 2005 het ’n Burchell sebra, genaamd Allison, ’n vulletjie met die
naam van Alex gekry. Die pa was ’n
donkie wat in die hoogland plantasie
in die St Thomas-streek van
Barbados rondgeloop het.
In 2007 is een van die wêreld se
bekendste ‘hebras’, genaamd
Eclyse, in ’n safaripark in Schloss
Holte-Stukenbrock, Duitsland gebore.
Haar pa was ’n perd genaamd
Ulysses en haar ma ’n sebra-merrie,
Eclipse.
Daar speel ’n ‘zorse’ met die naam
van Zabrina in die 2007 fliek, ‘I’m
Reed Fish’. In 2007 het Sutton Coleman
selfs ’n gedig oor ‘zorses’ gepubliseer,
genaamd ‘Ligers, Tigons,
and Zorses, Oh My!’
Dié 1899 foto is deur JC Ewart geneem van die ?zorse? Romulus |
Lord Rothschild met sy beroemde sebra-koets
. |
|