Doorndraai Friesperdstoet hou op 27 Mei om 12 uur ‘n elite veiling. Zwavelpoort se Doorndraai is in 2015 as die beste Friesperd-stoet in die wêreld bekroon. Vir meer inligting oor die veiling, bel Marlise Botes by 083-263-7800, stuur ‘n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of besoek www.doorndraaistud.co.za.
~*~
KragDag, die jaarlikse hernubare energie en selfstandigheidsekspo, is van 15 tot 17 Junie van 9 vm tot 4 nm by Diamantvallei op Rhenosterfontein. Dié buitelug ekspo op ‘n drie hektaar terrein spog met meer as 300 uitstallers en 30 gratis raadsaal seminaar-aanbiedings. Ingang is gratis vir diegene wat vooraf by KragDag se webtuiste, www.kragdag.co.za, registreer.
~*~
Het jy gehoor dat Boma Vleismark dié keer twee nasionale Cleaver-toekennings in
een jaar gewen het? Hulle Moreletapark-tak het goud gewen en die Olympus-tak platinum. Dié toekennings word deur die SA Rooivleisbedryf gemaak.
~*~
Windpomp Handwerkmark hou op 27 Mei van 8 vm tot 2 nm ‘n Vadersdagmark by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.
~*~
Vriende van die Faerie Glen Natuurreservaat roei weer op 18 Junie vanaf 8.30 vm uitheemse indringerplante uit. Op die foto is Vriende wat op 23 April aan ‘n Lantana-uitroei deelgeneem het. Deelnemers ontmoet mekaar op die grasperk voor die toegangsgebou. Vat jou eie snoeiskêr, handsaag, handskoene, hoed en water saam. Bel voorsitter, Louise Kritzinger, vir meer inligting: 072-275-0614.
~*~
‘Classics is Groot’ word op 23 en 24 Junie vanaf 7.30 nm by die Moreletapark Ouditorium in De Villebois Mareuilrylaan 1363 gehou. Konsertgangers kan uitsien na ’n uittreksel van ‘The Phantom of the Opera’, Elvis Presley se ‘American Trilogy’, ‘Pie Jesu’ en Queen se ‘The Show Must Go On’. Nóg hoogtepunte sluit in die super-duo Coleske se terugkeer na die verhoog vir die eerste keer sedert 2013, die Amerikaanse sanger Joseph Clark en Nederlandse kinder-sangsensasie Amira. Jannie Moolman, Corlea, Touch of Class, Swing City, Monique Steyn, Tarryn Lamb, pianis Charl du Plessis, die Akoestika-koor en ’n simfonie-orkes is saam met hulle op die verhoog. Kaartjies is nóú aanlyn beskikbaar by TicketPro en pryse wissel tussen R350 en R625.
~*~
Amanda Strydom hou op 1 Junie om 8 nm konsert by Atterbury-teater. Sy kombineer liedjies uit haar trefferproduksies, ‘Die hele boksemdaais’ (wenner van die 2016 Fiësta-prys vir beste musiekgedrewe produksie), ‘’n Rugsak vol robyne’ en die splinternuwe ‘So onner deur die maan’, wat vanjaar by die KKNK gedebuteer het. Amanda sing in Afrikaans, Engels, Frans en Nederlands en word deur Coenraad Rall begelei. Kaartjies kos R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
Ray Dylan tree op 2 Junie om 7 nm op by Rafters, op die hoek van Blesbok en Garstfonteinweg, oorkant Mooikloof. Kaartjies kos R100. Skakel 082-600-3469 of 071-610-2132.
~*~
Monte de Dios presents a Nibble Night Market on Saturday 3 June from 3 pm to 10 pm. This gourmet food and wine market will also include craft beer, wine tasting, craft gin, movie screening for children, craft stalls and live entertainment. Entry is R50 per adult and R30 for children under 12. The venue is at 106 Achilles Street, Zwavelpoort. Phone them at 087-654-4457.
~*~
Akteur, skrywer en kunstenaar, Robbie Wessels, tree op 7 Junie om 8 nm op by Barnyard-teater in Moreletapark. Met ’n nuwe album op pad, nuwe klanke en woorde, beloof die vertoning om nog een te wees wat nie misgeloop moet word nie. Kaartjies kos R150. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat. Skakel 012-368-1555.
~*~
‘Chat ‘n Bietjie Ball’ met Radio Raps, Victor Matfield, Bakkies Botha en Refentse word op 8 Junie vanaf 6.30 nm by Weiveld in Zwavelpoort aangebied. ‘n Tafel van tien kos R5 000. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 073-245-5672.
~*~
Arno Carstens bied ‘Die Aand Blom 13’ op 9 Junie om 8 nm aan by Atterbury-teater. Arno het al 13 albums vrygestel; vyf as hoofsanger van ‘Springbok Nude Girls’, ses as solo-kunstenaar, een as deel van Elektronika-projek ‘Bhelltower’ en in 2016 sy eerste Afrikaans solo-album, ‘Die Aandblom 13’. Hy spog met meer as 20 Top 10 treffers en vyf SAMA toekennings. Arno is ook ’n meester as dit kom by skilderkuns en sy ‘Lightning Prevails’ album-omslag is ‘n oorspronklike skildery uit sy 2006 kunsuitstalling. Kaartjies kos R200. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappies na Cullinan is op 28 Mei, 18 Junie en
25 Junie. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.
|