Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2017 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Sunday, 30 April 2017 15:13
Untitled Document


Die Protea Cullifest is van 29 April tot 1 Mei in Cullinan. Bekende sangers wat gaan optree strek van Steve Hofmeyr, Lianie May, Dewald Wasserfall en Heinz Winkler tot Jakkie Louw en Pieter Smith. Ben Kruger en Liz Meiring bied een-man-vertonings aan in die teater. Ben is alom bekend vir sy rolle in Skooldae, 7de Laan, Binnelanders en verskeie films. Liz is ‘n bekende gesig in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf en baie mense onthou haar veral vir haar rol in Mollie en Wors. Teater-kaartjies kos R50 en besprekings is by Computicket. Die feesterrein is by Zonderwaterweg 12. Bel Doret Botha: 084-963-4090.

~*~


Windpomp Handwerkmark se eerste langnaweek-straatmark is van 27 tot 29 April van 9 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Laerskool Witpoort vier sy 113de verjaardag op 11 Mei vanaf 10.30 vm. Die skool is in 1904 gestig en het oor die afgelope eeu die 1914 Rebellie, die Spaanse Griep van 1918, die 1933 Depressie en die onlangse leegloop van plaasskooltjies oorleef. Dié foto wys 1919 se leerlinge.

~*~

Jakaranda Soekers is die naam van ‘n kuiergroep vir enkellopende mans en vrouens wat in die Bronnie se Maart-uitgawe geadverteer is. Edna Spires, stigter van die groep, wou aanvanklik net mense van 50 jaar en ouer betrek, maar sy sê dat haar advertensie in die Bronnie soveel reaksie uitgelok het, dat die ouderdom nou na 40 jaar verlaag is. Hulle eerste kuier is 10 vm op 27 Mei by die piekniekplek in Oaklaan, Cullinan. Bel Edna by 082-091-2744.

~*~


Die Randse Katteklub hou op 6 Mei ‘n kampioenskap vir alle kat-rasse by Oewerpark op plot 40, Edel Eta-weg, Bashewa. Die skou is van 9.30 vm tot 3 nm en toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders onder 12 en pensioentrekkers. Bel Karen Labuschagne: 082-824-2132.

~*~


Boskombuis hou op 27 Mei ‘n snoekbraaikompetisie. Daar gaan pret ‘belly dancing’ klasse wees en musikante gaan optree vanaf 10 vm tot laat. Boskombuis is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-snelweg. Skakel 083-485-2529.

~*~

Op 13 Mei is dit weer Sinkhuismark by vermaakkunstenaar en koskenner, Willie Strauss, se geskiedkundige huis op Cullinan. Allerlei handvaardighede en smulkosse kan vanaf 10 vm in die mooi tuin van die ou sinkhuis in Ross-straat 32, aangeskaf word.

~*~


Bok van Blerk tree op 26 Mei by Rafters op. Die optrede begin 9 nm en kaartjies kos R120. Rafters is op die hoek van Garstfonteinweg-verlening en Blesbokstraat, oorkant Mooikloof. Skakel 071-610-2132.

~*~


Anke-Maré van Staden van Cullinan is as een van die Mev Suid-Afrika semi-finaliste gekies. Sy is die dogter van Charmaine en Klaas Visser, het op Cullinan grootgeword en ná haar troue bly sy steeds op die dorp. Sy noem haarself ‘n tipiese, elkedagse soort vrou met ‘n 9–5 werk, ‘n ma van ‘n wonderlike klein seuntjie en trotse vrou van ‘n ongelooflike man.

~*~


Casper de Vries se vertoning, ‘Alive & Vrolik’ is op 5 Mei om 8 nm by Atterbury-teater. Casper beskryf sy vertoning as meer teatraal en intiem as vantevore – alles en enige iets is moontlik. In 2016 het Casper die Comics Choice Lifetime Achiever toekenning ontvang en sy aanhangers is opgewonde om hom terug te verwelkom na ’n breek van drie jaar. Sy vertoning is grootliks in Afrikaans, maar hy maak ook voorsiening vir sy nuwe aanhangers wat hy vermaak het met ‘The Casper Radio Show’ op Cliff Central. Kaartjies kos R170. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


Kakiebos en Wet Nose Dierereddingsentrum hou op 29 April ’n Kleurfees. Daar gaan ook kraampies met allerlei handgemaakte items wees. Kakiebos is op Kaalfontein, op die pad tussen Rayton en die N4-snelweg. Skakel 083-766-2963 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Rayton-Met-Spookstories is ‘n oornag-toer op 20 en 21 Mei, wat afskop met spookstories
onder die sterrehemel, gevolg deur ‘n staptog in die middel van die nag deur ‘n donker, geheimsinnige bos op die voetspore van Britse soldate. Mense slaap oor in ‘n ou treinwa op die perseel van die historiese Van der Merwe-treinstasie, wat in 1890 gebou is. Toergangers ontmoet mekaar die Saterdagmiddag by die Premier Hotel in Cullinan, waarna almal in ‘n konvooi ry na Van der Merwe-stasie wat in 1890 gebou is. Die koste is R590 per persoon wat ‘n kompartement deel en dit sluit die aanbieding, twee etes en verblyf in. Skakel 082-404-7229, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.spookbus.co.za.

~*~


Did you know that ghost watchers can download free apps that will turn your cell phone into an electro-magnetic field meter or electronic voice phenomena (EVP) recorder? Mark Rose-Christie, owner of Mystery Ghost Bus Tours, has been encouraging guests to use these free apps on his tours. In an EVP captured at Smuts House, the voice of a girl could be heard, saying “perd … perd”. Mark talked to people in retirement homes in Centurion and found a woman in her late eighties, a mrs Vermaak, who remembers that her father talked about a girl dying after she was kicked in the head by a horse at Smuts House. Visit www.mysteryghostbus.co.za or dial 079-193-7536.

~*~


Joy Heyneke se uitstalling, ‘Intiem’, open op 6 Mei om 6.30 nm by die nuwe ArtBox Galery in Skilpadweg 86, Monumentpark. Joy beeld geloof in haar werke uit deur simboliek, sonder om die tradisionele kruise en hande te gebruik. Bel Etienne van Zyl by 083-384-2402.

~*~


The Cow House Market is held every Saturday and Sunday from 10 am to 4 pm in the heart of Hazeldean Valley on a historical old dairy farm. The market features handcrafted products and artisanal food. Fitness junkies enjoy mountain biking and running trails, while dog lovers bring their four legged friends out for the fun. For the young ones there are pony  rides, jumping castles, a duck race, scavenger hunt and bike park. Phone them at 072-399-0154.

~*~


Die volgende ‘Diamond Express’ stoomtreinritte na Cullinan is op 27 en 30 April, op 14 Mei en weer op 28 Mei. Die trein vertrek om 8 vm van Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor op Cullinan. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online