Marguerite Alant van Zwavelpoort
is op 21 Januarie in die
ouderdom van 70 jaar na ’n
lang siekbed oorlede.
 Marguerite Alant, soos sy daagliks
onder haar sambreel by haar organiese
skaapboerdery rondgeloop het
Zwavelpoorters Marguerite en
Albert Alant het vir jare Alant
Motors besit. Toentertyd was dit ’n
landmerk in Garstfonteinweg.
Marguerite is in Tanganjika gebore
en is ’n direkte nasaat van ontdekkingsreisiger
Carolus Trichardt, seun
van die Voortrekker Louis Trichardt.
Lesers het Marguerite leer ken toe
haar organiese Ille de France skaapboerdery
in Zwavelpoort die fokus
van ’n Julie 2003 artikel in Die Bronberger was. Ons het vertel hoe sy
haar skape se voer self aanplant en
die grond deeglik vir dié aanplanting
voorberei met ’n goeie 300 ton mis
en 30 ton kalk.
Daar is geen kunsmis op dié plot
gebruik nie en ook geen voer-wat-uit-‘n-sak-uitkom nie. Dit is nou behalwe
vir die babala en molasses
mengsel wat sy met ’n ou stofsuier
vakuum verpak het en in rotbestande
ou reënwatertenks geberg het.
Marguerite se laaste oes staan pragtig geil op haar Zwavelpoortplot
Sy het self die smeerwortel (comfrey),
groente, bolle, lusern en alles
wat sy vir haar skape gevoer het,
aangeplant.
Op dié plot het alle afval kompos
geword en selfs die leë bokse is verbrand
sodat die as teruggewerk kon
word in die lande. Marguerite se
seun Carl en skoondogter Helen
woon nou op dié plot. |