Seniors vier Paasfees PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 30 April 2017 15:05
Untitled Document

Die Paasfeesklokke het van vroegdag op 12 April helder en jubelend vir die Tierpoortse Senior-groep gelui.


Kim Pienaar en Sally Loots aan die meng

Derick Crouse se demonstrasie

Hulle is deur Charmaine Lourens, eienares van Shokran in Luiperdstraat, Tierpoort, ontvang. Die verwelkomingsdrankie was rooi druiwesap. Derick Crouse van Leribisi Lodge het geen moeite ontsien om, met die hulp van die komitee, die aktiwiteit aan te bied nie. Hy het die simboliek van die suurdeeg en die bak van brood op die Bybel en geloof geskoei . . . toepaslik vir die viering van Pase.


Van links na regs, kloksgewys: Sandy Cox, Lettie Cilliers, Marthie de Klerk, Doreen Fourie, Paula Sassenberg en Lettie van Tonder

Elke tafelgroep het ‘n suurdeegplantjie, wat Derick gekweek het, met die res van die bestanddele ontvang. Daar is gemeng, geknie en baie kommentaar gelewer. Die seniors het in die tuin gekuier terwyl die brode gerys en gebak het.


Broodbordjie as geskenk

Die tafels is deur Mariaan Anderson volgens die Paas-tema gedek en gelaai met potte gortsop en die warm brode. Dit is afgesluit met ‘n smaaklike dadelnagereg met vla.


Komiteelede: Hannelie Jaumme, Linda Meintjies, Elaine Bothma en Lizz Adams

Die verrassing vir elke Tierpoort Senior was ‘n broodbordjie deur Leribisi geskenk, sowel as ‘n gekweekte suurdeegplantjie vir elk. Daarby was ‘n biljet met die resep en toepaslike Bybelversies wat oor brood gaan.


Die opdien-tafel

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online