Skoonskip PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 30 April 2017 15:03
Untitled Document

Laerskool Witpoort se eerste en o/11 rugbyspanne was van 29 tot 31 Maart op ‘n rugbytoer.
Altwee spanne het skoonskip gemaak teen Laerskool Losberg en Laerskool Fochville.

Die eerste span het Laerskool Losberg met ‘n stewige 36-0 gewen en Laerskool Fochville met 26-7. Die o/11 span het Laerskool Losberg met 26-19 gewen en Laerskool Fochville met 19-14.


Die eerste en o/11 Witties rugbyspanne wat die toer meegemaak het
Foto: Tanja van Heyningen

‘n Rugbytoer behels natuurlik nie net rugbyspeel nie, maar sorg ook vir hope pret. Glip-en-gly en lantern-bekruip het vir baie opwinding gesorg en die spelers bedank graag die afrigters, borge en ondersteuners wat die ervaring moontlik gemaak het.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online