Tonne bogrond van The Hills besoedel rivierstelsel PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 23 February 2009 20:20
Untitled Document

Oewerbewoners langs die Zwavelpoortspruit is erg omgekrap oor tonne bogrond van The Hills ontwikkeling wat die spruit en damme ná die afgelope reëns in nuttelose modderbaddens verander het.

Om sake nog erger te maak beland dié spog gholflandgoed se riool glo ook in die rivierstelsel. Vrae word nou gevra oor die omgewingsimpakstudies wat gedoen is voor daar met ontwikkeling begin is en veral oor die toepassing van dié studie se aanbevelings.


Die dam op dr. Tiaan Stofberg se grond voor daar met ontwikkeling by The Hills begin is

Volgens Gretchen van der Merwe het die afvloei vanaf The Hills die foreldam op hulle hoewe só besoedel dat visvang buite die kwessie is. Hulle verloor maandeliks duisende Rand aan inkomste omdat betalende hengelaars uiteraard nie meer daar kan kom visvang nie.

Die besproeiingsdam op Hendrik Ver Loren van Themaat se grond is in ’n modderpoel omskep wat die besproeiing van sy uitvoerdruiwewingerd onmoontlik maak. Gelukkig het dit die afgelope tyd baie gereën, sê Hendrik, maar as die reën ophou, kan sy skade groot wees.


S lyk die dam nou. Altwee die foto?s is in Januarie geneem

The Hills se ontwikkelaars, Bluecor Ontwikkeling, en Greg Norman Golf Course Design, het destyds, voor daar met ontwikkeling begin is, die versekering gegee dat die plaas van 480 ha so min moontlik versteur sal word.

Dit blyk egter nou dat die ondeurdagte verwydering van grasveld en bome, sonder om voorsorg teen verspoelings te maak, onherstelbare skade aan die omgewing kan veroorsaak. Kundige inwoners van die omgewing is besig met hulle eie ondersoek in ’n poging om verdere skade te voorkom.

 

© 2019 Die/The Bronberger